R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die droom van ‘n boek oor Gansbaai en omgewing se verlede is nou ‘n realiteit. Die teks is klaar en tans by die redigeerder. Daar is nog ‘n pad vorentoe, maar die einde is in sig. Die boek, Gansbaai – ‘n besonderse streek en sy mense, omskryf die historiese agtergrond, maar is deurspek met lekkerlees stories.
Dis ‘n lywige boek, ingekleur met pragfoto’s uit die omgewing, nuusberigte oor ‘n tydspan van bykans 100 jaar en ou foto’s uit die vroegste ontstaansjare van die dorp en streek.
Wat het van die perde van die Birkenhead geword, persoonlike verslae van die vroegste bewoners wat ‘n getygolf beleef het en waar het Gansbaai sy naam gekry, is maar ‘n paar onderwerpe wat aangespreek word. ‘n Volledige hoofstuk oor al die skipbreuke aan ons kus, die geskiedenis van die oudste plase en wie die eerste besoekers aan ons streek was. Dit is maar ‘n paar hoogtepunte, maar waar mense van die streek self aan die woord is, word die boek ‘n kultuur-historiese aanwins. ‘n Vervloë era kry lewe en mense van weleer staan sprekend voor die leser:
Daniël Petrus Fourie van Moeraskloof het aan sy kinders vertel hoedat hy as sesjarige seuntjie daardie eerste skooldag stil-stil sy plekkie ingeneem het naby die groot tafel waar die leie en griffies gelê het. Miss Anny het voor die klas gestaan. Daar word gesing:
Nu was Heilig Kind geboren en er Zongen engele koren
Danie het ook saamgesing en dit was vir hom baie mooi. Die middag, toe hy tuis kom, vra sy ma:
“Wat het julle alles in die skool geleer?”
Sy antwoord was”
“Ons het gesing van ʼn kind is gebore in Engeland se koring.” E. de Lange
Dit was die begin vyftiger jare en ons was ʼn aantal gesinne wat eers langs oom Louis Lat Fourie se huis (Sea Viewrylaan 115) in die oopte en later tussen die Bloms van Bonnievale en Oom Rikkie Swart se huise (vanaf Sea Viewrylaan 141 tot 145) gekamp het. My ouers het later jare onder die melkhoutbome op Oom Brindeau se grond (waar die huis met die naam “Die Dirke” nou staan, Sea Viewrylaan 153), gekamp.
Die gesinne wat ek onthou was: Roman en Dollie Groenewald en hul kinders, Annette, Salome en Sanet; Frans en Dina du Toit en hul kinders Pieter en Marie; Boy en Toot Swart en hul kinders Lotie en Henry; Oupa Stoffel (Ballie) en Ouma Sarah; Awie en Chrissie Germishuys; Stoffel en Lottie Groenewald; en Stoffel en Gerty Fourie en hul kinders Estelle en Stollie. My ouers was Jaap en Chris Germishuys. Saam met hulle het Jan Pienkies en Kotie Henn gekamp.
Die vis was volop, maar dit was harde werk om hulle te kon vang. Die skuite het bo by die eilandhuisie gelê. Soggens is dit op pale afgerol tot by die see. Wanneer hulle teruggekeer het en land, was die vis eers uitgelaai in mandjies voordat die boot skoon gewas is en dan moes dit weer op na die eilandhuisie gedra word. Rene le Roux
Dit is maar twee klein grepe uit meer volledige vertellings. Daar is baie daarvan. Dié is net ‘n lusmakertjie vir die boek. Bespreek een van die eerste 250 getekende eksemplare by die Toerisme Buro:
Tel. 0283841439 of glenda@gansbaaitourism.co.za
Besoek ook www.xplorio.com/gansbaai vir meer inligting.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.