R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word; laat U koninkryk kom; laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood.” (Mat 6:9-11)
Hier aan die einde van 2015 is daar nie ’n beter boodskap vir ons almal as juis die Model-gebed wat Jesus aan ons gegee het nie, naamlik die “Onse Vader.” Ons kan dié gebed elke oggend en aand bid, aan die begin van elke jaar en nou hier aan die einde van nog ’n jaar. Want alles gaan oor GOD se Koninkryk op aarde en Sy Wil wat geskied. Die vraag wat ons kan vra is: Het GOD se Koninkryk gedurende 2015 gekom en het Sy Wil geskied?
JA! En nogmaals JA! Met Jesus se koms na hierdie aarde is GOD se Koninkryk tussen ons gevestig. Jesus en Sy verlossing is GOD se persoonlike Koninkryk tussen ons. Verder is dit ook só dat GOD se Koninkryk op sy duidelikste is waar GOD se Naam geheilig word en Sy Wil geskied. Let mooi op die plasing van “Laat U Koninkryk kom.” Dit word voorafgegaan met die woorde: “Laat U Naam geheilig word,” en opgevolg met die woorde: “Laat U Wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.” GOD se Koninkryk is ten nouste gekoppel met Sy naam wat deur ons geheilig moet word en Sy Wil wat op aarde moet geskied soos dit reeds in die hemel geskied.
Wat beteken dit vir ons vandag? Eenvoudig dit: Wat GOD belowe het, het gebeur. Hy het Sy Seun na hierdie aarde toe gestuur om ons almal te red. Al lyk dit vir ons asof alles rondom ons tot niet gaan en al wil die magte van die duisternis al GOD se planne omvêrgooi, GOD bly in beheer en Sy Wil geskied. Omstandighede kan nie GOD se Koninkryk vernietig nie! Ook gedurende hierdie afgelope jaar wat baie keer maar stormagtig gelyk het, het GOD se Wil geskied. Ons as gelowiges, kinders van GOD, kan dit maar glo!
Verder moet ons as GOD se ambassadeurs nie een oomblik ophou om die boodskap van Jesus se Verlossing en Versoening uit te dra met ons leefwyse nie. Mense moet in ons optrede kan sien GOD is in beheer en dat Sy koninkryk ook in ons woon. Ons is nie alleen nie. Die Heilige Gees is besig om in ons en deur ons te werk. GOD se krag is in ons. Ons is nie alleen nie. God is en was nog altyd langs ons – veral as alles rondom ons donker lyk, bly Hy die lig. Netso het God gedurende hierdie hele jaar wat verby is, ons gedra en krag gegee om deur alle staande te bly. Het Hy dan nie gesorg dat ons almal ons daaglikse brood kry nie?
Ja! GOD se koninkryk het gekom! Sy Wil het geskied! Kom ons loof Sy heilige Naam!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.