Krag vir 2016 = die rigting waarin jy kyk!

Krag vir 2016 = die rigting waarin jy kyk!

Gansbaai Courant

Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,  die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof...... Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.” (Heb 12:1-3)

’n Mens is altyd aan die begin van ’n nuwe jaar gevul met baie verskillende emosies, vrese en vrae. “Wat gaan die nuwe jaar vir my inhou? Gaan ek hierdie jaar my finansiële situasie regmaak? Wat gaan van my kinders word? Ons huwelik sal hierdie jaar beslis tot ’n punt moet kom waar ons belangrike besluite moet neem? Wat gaan van ons land en sy ekonomie word?”

Die regte vraag wat ek en jy moet vra is: “Hoe moet ons as gelowiges die jaar aanpak?” Daarom moet ons na GOD se Woord gaan kyk en sien wat die Gees van ons vra. Hierdie gedeelte uit Hebreërs 12:1-3 gee vir ons duidelike riglyne:

Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het – Die Bybel is vol van gelowiges mense wat op GOD bly vertrou het in elke denkbare situasie – en GOD was getrou! Hy gee elke keer krag, uitkoms en nuwe lewe!

“laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik,” – Maak jou los van die swaar laste wat jy saamsleep: Bekommernisse, onnodige vrae, sondes van die verlede en veral die sondes of gewoontes wat tans jou lewe versuur. Geen atleet of gelowige kan die lewe se wedloop met ’n swaar las op hulle skouers hardloop nie. Jy ook nie. Gee alles aan GOD oor en voel hoe jou hele lewe verlig.

“en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,” – Dis reg, die lewe is ’n wedloop. Dit vra van jou inspanning en deursettingsvermoë. Gelukkig weet ons dat GOD ons die krag vir elke dag gee – ons moet net uit ons bed opstaan en ons bed opmaak, die dag met al sy take, een vir een aanpak – en gou sal ons sien hoe ons as oorwinnaars deur die lewe gaan!

“die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof ” –Hier kom ons nou by die geheim van ’n standvastige, doelgerigte lewe. Eintlik is dit nie ’n geheim nie. Ons weet dit almal. Ons doen dit net nie. Ons moet ophou om verward in alle rigtings te kyk vir hulp. Mense, regerings, banke en besighede kan jou nie deur die krisis help nie.  Net Jesus kan. Hou jou oog op Hom gevestig as jy die wedloop hardloop. Hy is die Lig op ons pad. Hy is die krag in jou spiere en net Hy alleen kan jou diepste vrese verstaan. Wat jy ook al aanpak.

Hou jou oog gevestig op Jesus, -  “Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.

Mag 2016 vir jou die jaar word waar jy krag kry Deut. Die rigting waarin jy kyk: Jou oog gerig op Jesus!

Krag vir 2016 = die rigting waarin jy kyk!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant