R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Naas vele bedankings aan getroue ondersteuners van BARC, is daar ook groot planne in die vooruitsig gestel. “Eerstens ‘n groot dankie aan die gemeenskap, besoekers ingesluit, vir donasies aan BARC se Tweedehandse Winkel,” sê Annelie Jonker wat in beheer van BARC is. “Dit was ‘n baie goeie seisoen en die winkel is baie goed ondersteun.”
BARC se winkel bly steeds ‘n groot bron van inkomste wat broodnodig vir die bedryf van sake is. “Moet asseblief niks weggooi nie, kontak ons en ons sal dit wat julle wil skenk by die wonings gaan oplaai, indien daar vervoerprobleme is.” Sy verwys ook na die lootjielyste in omloop wat eweneens goed ondersteun is. Dan bedank Annelie ook vir David en Antoinette Scorey spesiaal - hulle het R5,000 aan dr Robey oorbetaal ter afbetaling van BARC se Veeartsrekening. “Ek het amper flou geword toe ek dit hoor, aangesien dit oneindig baie vir ons beteken het,” sê Annelie.
BARC rig ook ‘n bedanking aan almal gedurende die vakansieseisoen wat met hulle honde gaan stap het en bietjie liefde aan die honde en katjies gegee het. “Ons het baie kos gekry en wil nie eers begin om name te noem nie - te bang iemand word uitgesluit.” Sy sê daar is ook ‘n hele paar honde en katjies aangeneem, waaroor hulle baie opgewonde is. “Dankie ook vir die mense wat hulle honde en katte by ons laat loseer het terwyl hul met vakansie was.” Baie, baie belangrik is BARC se Gholfdag om van kennis te neem. (‘n Volledige skrywe in hierdie verband kan by Annelie gekry word.)
Hulle beplan die Gholfdag vir Saterdag, 26 Maart 2016 oor die Paasnaweek, waarmee hulle vertrou om hul fondse mee aan te vul aangesien hulle weer vanjaar ‘n Gratis Sterilisasie Veldtog wil aanbied. Dan het BARC ook ekstra veiligheidsplanne in gedagte, naamlik die installering van Veiligheids “Beams”. Secma het reeds ‘n kwotasie verskaf en 15% afslag op die parte gegee, met ‘n verdere R2,000 as borgskap. Die uitstaande bedrag beloop R3,700. Donasies hiervoor sal opreg waardeer word.
Vir navrae en/of skenkings/donasies, ook aan BARC se tweedehandse winkel, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.