R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Toe het die HERE gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?” Toe het Moses vir Hom gesê: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie.” (Eks. 33:14,15) “Luister, Israel, die HERE is ons GOD, Hy is die enigste HERE. Daarom moet jy die HERE jou GOD liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” (Deut. 6:4-7)
2016 is alreeds besig om elke dag teen ’n hoë spoed die toekoms in te snel. Soos ’n groot bus wat teen ’n hoë vaart teen die berg afhardloop en die passasiers met angs kyk hoe elke draai verbyskiet en afgronde by hulle verbyflits. Ons is die passasiers en ons klou vir ons lewe! Sommige van ons knyp maar net ons oë toe en hoop vir die beste. Ander bid hardop. Wat gaan gebeur?
STOP! STOP die bus! Kom ons vra eers vir onsself ’n paar vrae. Wie is besig om ons 2016-bus te bestuur? Wie laat ons toe om beheer van ons lewe te neem? As dit nie die HERE (Die groot “EK IS”) self is nie, moet dan nie op die bus klim nie. Moet asseblief nie jou kinders skool toe stuur met ’n kosblik, boeke en sakgeld nie – dit is nie veilig nie! Maak seker dat hulle JESUS in hulle hart en die Bybel in hulle boeksak saamneem. Voor julle as gesin enige dag aanpak, nooi die HERE in gebed saam. Voor jy werk toe haas, maak seker dat die HERE GOD self saam met jou in die motor klim. Kyk mooi dat jou hele gesin toegerus is met die krag van die HEILIGE GEES wat in hulle lewe die wysheid, die antwoorde en die rigting moet gee.
Kom ons pak 2016 anders aan as al die vorige jare. Ons moet soos Moses vir die HERE sê: “As U nie self saam met ons gaan nie, moet dan nie toelaat dat ons wegtrek nie.” (Eks 33:15) Maak seker dat jou kind se onderwyser ook ’n kind van JESUS is en bereid is om elke dag in die skool ook in Sy Naam die dag te begin. Anders is jy besig om jou kind op ’n bus te laai wat teen die afgrond kan afjaag! Ons het die reg, die opdrag en die taak om ons kinders groot te maak met die Woord van GOD in hulle harte. Ek en jy moet met gedurig met ons kinders (en kleinkinders!) praat oor die HERE GOD wat ons lief het met ons hart en siel en met al ons krag!
Wie bestuur die bus? Alleen die HERE ons GOD mag 2016 se bus bestuur!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.