6de Interhuisatletiek GROOT SUKSES

6de Interhuisatletiek GROOT SUKSES

Gansbaai Courant

Vrydag 22 Januarie het die drie interhuisspanne van Academia mekaar die stryd aangesê. Die Goud-, Swart- en Maroonspanne het reeds vroegdag gees gevang. Vanjaar was ook ‘n massadeelname wat die vorige jare oortref. Die Goudspan het met 11 punte voor die Maroonspan gewen.

Die personeel het ook deelgeneem in die 60m kortafstand.

Me Chery Potberg het die dames naelloop gewen en mnr Bjorn Zeeman die mans afdeling.

Die Vixtor Lodorum is vanjaar GeortrinWildschut en Victrix Lodorum was Itania Hendreck. Altwee leerders het aan die meeste items deelgeneem en ook die meeste eerste plekke verower.

Op Saterdag 6 Februarie sal die atletiekspan in ‘n driehoeksbyeenkoms deelneem teen Swartberg Sekondêr en Albert Myburgh. Die byeenkoms sal op die Gansbaai Sportvelde plaasvind. Die hekke open om 08:00 en die byeenkoms begin amptelik om 08:30. Volwassenes betaal R5,00 en leerders in skooluniform kan gratis toegang kry. Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees vir ‘n lekker eetdingetjie en drinkgoed.

Liezel Mostert

6de Interhuisatletiek GROOT SUKSES

Liezel Mostert

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant