R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Saterdag, 30 Januarie 2016 het aangebreek met wat gelyk het na nog ‘n warm dag. Gelukkig het ligte wolke en ‘n koel seebries eintlik gesorg vir aangename omstandighede om rolbal te speel en die buitelug te geniet.
Voeg hierby die deelname van agt spanne van onder andere L’Agulhas, Rivier-sonderend, Hermanus en Kleinmond saam met ses van Franskraal en jy het ‘n resep vir wedywering in ‘n goeie gees tussen ou rolbalvriende en etlike nuwe deelnemers.
Boonop het die bekende gasvryheid van Franskraal se lede en smaaklike middagete en verversings wat voorgesit is, gesorg vir die regte atmosfeer om die dag te geniet.
Borgskappe van sake-ondernemings speel ongetwyfeld ‘n groot rol om sport aan die gang te hou en Franskraal Rolbal is dankbaar vir die bydrae wat Boland Makelaars gemaak het om die dag moontlik te maak – ook vir die teenwoordigheid van sy verteenwoordigers by die begin van die toernooi.
Die wenners was Sakkie van Zyl, Kim Breach en Michael Vermeulen. In die tweede plek was Betsie Schrëuder, Vic Breach en Roelof Eksteen gevolg deur Gideon Pienaar, Jaco Swart en Kay Puttick in die derde plek.
Al drie hierdie spanne is van Franskraal Rolbalklub.
Die Enkelspel Klub-kampioenskappe is ook onlangs afgehandel. Die kampioene is Marius de Wit en Kim Breach. Baie geluk aan die twee spelers.
Wil jy ook deel word van die rolbalfamilie, skakel my by 028-384 1822 of Henk van der Walt by 028-384 0117.
Pieter Conradie
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.