R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Tydens die pas afgelope weke se verwoestende veldbrande, het dit duidelik geword dat dit noodsaaklik is om te alle tye voorbereid en parraat te wees om noodsituasies te hanteer in ons area. Dit is dus belangrik dat daar ‘n konstruktiewe, gekoördineerde plan ter tafel gelê word wat gevolg kan word.
Die samewerking en skenkings vanuit die publiek is ‘n baie belangrike skakel in die ketting. Die wonderlike same-werking en ruim skenkings tydens die brande word dan ook hoog op prys gestel. Die dames van die onderskeie areas se hande het raakgevat en die brandweermanne is voorsien van heerlike eetgoed en yskoue drinkgoed. Dit het egter gebeur dat daar met tye te veel en ander tye weer ‘n te kort was van sekere produkte.
Koördinasie is dus noodsaaklik. Vir hierdie doel het die Gansbaai munisipaliteit ‘n stoorruimte beskikbaar gestel, wat as noodkamer ingerig kan word. Hierdie noodkamer het slegs ten doel om voorraad in te berg en sal nie as kommunikasiesentrum of beheerkamer dien nie. Die beheerkamers of “JOC” word deur die brandweer self ingestel na gelang van waar die brand in ‘n spesifieke area is.
Die SOS kamer is met muurrakke uitgerus en ‘n skenking van ‘n kisvrieskas is ook alreeds vanaf Gansbaai Super Spar ontvang. Voorrade kan dus nou al bymekaar gemaak word en tydens noodsituasies kan daar slegs aanvullings t.o.v vars vrugte en bestanddele vir toebroodjies en etes aangevra word.
Op die stadium is die uitsluitlike doel van die noodvoorraadkamer om te voorsien in die behoeftes van die brand-bestryders en nie om gesinne of individue te ondersteun wat besittings verloor het in brande nie.
DIE SOS SKAKELKOMITEE BESTAAN UIT:
Koördineerders
Mnr Kat Myburgh – Area Bestuurder
Riana de Coning – Raadslid
Dudley Coetzee- – Raadslid
Moira Opperman – Raadslid
Spanleiers vir elke area :
Gansbaai : Anje Badenhorst Sel : 0828968203
Stanford : Tabby Robertshaw Sel : 0762431930
Pearly Beach : Dave Kunneke Sel: 0728583996
Baardskeerdersbos: Madelein Swart : Sel 0791897906
Vrywillige helpers moet asseblief die persoon in jou area kontak om jou naam op die databasis van hulpverlening te plaas. Tydens noodsituasies sal die Spanleiers dan vrywilligers kontak met spesifieke versoeke rakende proviant en bystand indien nodig.
Intussen moet die SOS kamer toegerus word. Enige iemand wat enige van die items wil skenk moet asseblief met die Spanleiers skakel. Hier volg ‘n lys van items en voorraad wat geskenk kan word:
Toerusting en materiaal:
Koelsakke, Polistereen koelhouers, kratte vir die vervoer van kos en vloeistowwe. Bruin kardoessakke, boksies vir die opmaak van kospakkies. Papierborde en polystereen glase
Servette en “wet ones”, Kleefplastiek, Broodplanke, bottermesse, skerp messies vir maak van toebroodjies.
Vloeistowwe:
500ml waterbottels ¾ gevul met water vir vriesdoeleindes, Powerade 500ml
Coke en ander koeldranke: blikkies 500ml, 1 l en 5 l bottels
Droë Bestanddele: Koffie, tee, suiker, cremora, Lang lewe melk, Sout en peper, Soet Goed, Energie stafies, Sjokolades, Glukose/ Gummy lekkers.
Opwas benodighede:
Skottelgoedwasseep, sponsies, wasvadoeke, afdroogdoeke
Produkte en skenkings kan afgegee word by die onderskeie koördineerders, asook Marzaan Middelton van Gansbaai munisipaliteit en Glenda Kitley van die Inligtings/toerisme sentrum.
Intussen sal verskeie instansies en klubs ook genader word om vas te stel wat die beskikbaarheid van hul fasiliteite sal wees indien daar ontruiming moet plaasvind. Enige ander organisasie wat wil hulp verleen moet asseblief met die bestuur kontak maak, sodat ons een gekoördineerde span kan wees. Die SAP van Gansbaai het alreeds aangedui dat hul ook sal inkoop in die koördineringsaksie tydens nood-situasies.
Baie dankie ook aan Kobus van Staden, voorsitter van die Sakekamer, wat die inisiatief geneem het om ‘n noodfonds te stig, waar die publiek en sakeondernemings finansiële bydraes kan lewer ter ondersteuning van die SOS Voorraadkamer. Die Gansbaai sakekamer sal dan ook die finansies beheer. Baie dankie aan OMEGA wat reeds R500 tot die fonds bygedra het. Ons nooi ander sake ondernemings uit om ook ‘n bydrae te maak.
By voorbaat baie dankie aan die publiek. Sonder julle warm harte en oop hande sal hierdie aksie nie ‘n sukses kan wees nie.
Riana de Coning
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.