Rouel Beukes in Gansbaai

Rouel Beukes in Gansbaai

Gansbaai Courant

Die bekende bassanger, Rouel Beukes tree op 2 Maart 2016 in Gansbaai op, ‘n aand wat nie misgeloop moet word nie. Rouel se bekroonde sangloopbaan begin aan die Goudstadse Onderwyskollege, waar hy onder andere privaat onderrig van Sarie Lamprecht ontvang. In 1980 wen hy die Mimi Coertse beurs vir verdere studie aan die Hochschule fur Musik in Munchen, Duitsland. Na sy opleiding tree hy as solis in 115 produksies van Truk op. ‘n Verdere hoogtepunt in sy sangloopbaan was in 1986 toe hy met ‘n Staatsteater Trust beurs na Milaan in Italie vir verdere studies by Maestro Franco Ferraris kon gaan. Sy loopbaan het hom na alle uithoeke van die wêreld geneem - vir rolle in opera, oratoria en musiekblyspele. Van sy pryse en toekennings wat hom te beurt geval het, sluit onder andere die volgende in: ‘n Vita; 3 Nederburgpryse vir opera; die SAA Opera Foundation Award en die Friends of the Opera Bursary. Rouel se repertorium sluit meer as 140 rolle in - van Wagner tot Andrew Lloyd-Webber. Hy is ook ‘n gesoute akteur in TV- en radio dramas. TV-rolle was onder andere mnr Kleynhans in 7de Laan, in Villa Rosa vertolk hy die rol van Prof Theuns, terwyl hy ook in Isidingo en Egoli opgetree het. In die radioreeks Blinkwater vertolk hy die rol van Dr. Frans du Randt en in die rolprent Liefling die Movie die rol van Oupa Karel. Die afgelope paar jaar was Rouel deel van ‘n internasionale toergeselskap van Lord Andrew Lloyd-Webber se The Really Useful Group wat wêreldwyd Phantom of the Opera getoer het. Hy is pas terug van Beijing waar die toer na bykans 2,000 opvoerings ten einde geloop het. Kaartjies beloop R100 per persoon en is by Gansbaai Toerisme (028-384-1439) beskikbaar, of skakel vir Glenda Kitley by 072-291-5564 of stuur ‘n e-pos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net. Rouel Beukes sal op Woensdag, 2 Maart 2016 om 19:00 in die Pretoriussaal optree.                                                                             

Hardus Botha

Rouel Beukes in Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant