R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Vroue is nie gemaak om verstaan te word nie. Hulle is gemaak om al die gebreke wat by ‘n man se geskapenheid ontstaan het aan te vul. En juis as gevolg hiervan moet mans, vir hulle eie gemoedsgesondheid, tog nie so hard probeer om sin te vind in vroue se denke en doene nie. Hulle is net nie daarvoor geprogrammeer nie.
Hoekom maak ‘n man dit vir homself so moeilik deur ‘n vrou te wil stang en toom volgens sy eie idee van ‘n donkie? Maak vrede, Meneer, dat jou volmaakte wêreld so ‘n onvolmaakte sirkel is soos ‘n sekelmaan. Maak vrede en wees dankbaar vir die toevoeging in lewenswaarde wat jy eens voor ‘n kansel (hopelik) jou kop voor geknik het omdat al die speeksel in jou mond opgedroog het en jou droë stembande nie ‘n geluid kon uitkry nie.
Jy het iets vermag: jy het ‘n vrou getrou. Jóú vrou. Saam maak julle ‘n nuwe span. Ongelukkig was daar geen afrigter wat jou voorberei het dat hierdie glibberige skrumskakel eerder haar eie drieë gaan druk en nie goedsmoeds die bal uitgee sodat jy as vleuel kan oorduik en die applous kan ontvang nie. Waar is jou spangees? Wat het geword van jou bewondering oor haar taktiese spel om te verhoed dat die bal weereens tussen losskakel en senter verlore gaan?
Gee jou vrou die nodige krediet wanneer sy ‘n gaping vat wat jy nie gesien het nie en punte ingebring het vir julle tweemanspan. Bewonder haar, spring om haar lyf soos ‘n sokkerspeler en vryf haar hare deurmekaar van lekkerte. Sy het die punte vir júlle gewen, nie vir haarself nie. Moenie ‘n dibekvleuel met hope onbruikbare spoed wees nie; beweeg nader aan haar. Gaan speel senter. Sorg dat jy van daardie punt af die bal kry en gaan druk jou drie vir julle span.
Ek is ‘n waarnemer. So geskape, nie so geword om te loop en skinder nie. Só is dit opmerklik hoe vroue – myself inkluis – oor jare heen verander. Enetjie kom as jonggetroude vroutjie op die dorp aan met granny print rokkies, die hoë kragies en lang, skaapboudmoue met katoenkantjies afgewerk, tot om die kuitlengte some. By die tyd as haar kinders in die hoërskool is, dra sy uitgerafelde demin kort-kortbroekies en hoëhakskoene en nog tien jaar later raak sy so normaal soos die res. Hulle spandinamika het verander soos wat die man deur sy jeukjare gevorder het. ‘n Ander een raak die beeltenis van haar man se groeiende sukses. Jaar vir jaar dra sy die nuutste modes vóórdat dit nog behoorlik deur doeane is en haar vingers trek krom van al die goud en diamante. Haar man het seker vir haar ‘n praalgraf in die Taj Mahal gekoop, want nog is het einde niet.
Gelukkig is daar mense soos Lizzie in my lewe. Van kinds af al die glibberige skrumskakeltjie wat alles self kon vermag. Tot vandag toe , rakend aan die sewentig, trek sy haar skouertjies op, stoot haar boudjies uit en wag dat die bal uit die skrum kom. Haar ou spanmaat is ‘n voorryspeler, ‘n stut om presies te wees. Hulle het ‘n vreemde manier om mekaar van die veld af aan te moedig, maar dit werk vir hulle. Lizzie het hierdie ding oor oud word: haar kop moet pal onder die water wees. En dan trap sy gereeld groot pienk skulpe los en dra dit huistoe. Sommer so met ‘n stuk van die see se fondasie nog vas aan die skulp.
Sy vertel my onlangs van een van haar kleinkinders wat gatvol geraak het met ‘n maatjie wat gedurig oor haar ouma gespog het en toe snipperig haar klip in die bos gegooi het: “My ouma kan naaldwerk doen en bak en sy wen VLV pryse.” Die ouer sussie het nie gedink dis veel van ‘n prestasie nie. “Nee man, dis nie goed genoeg nie, jy moes gesê het jou ouma is ‘n poacher!” Lizzie se stut-spanmaat verstaan niks van sy vrou se kop-onder-die-water-liefde nie, maar hy sit getrou op die rotse om te kyk dat sy meermin nie diepsee toe werk nie. Hy hoef nie te verstaan nie; dit is die geheim van spandinamika van die veld af.
Carine Badenhorst
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.