R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die Munisipaliteit Overstrand beoefen vir etlike jare reeds die praktyk om ‘n toekenning van R400 000 per wyk in hul jaarlikse begroting te voorsien vir die befondsing van opgraderingsprojekte wat deur die inwoners van die wyk identifiseer is. Daar word maandeliks tydens die wykskomitee-vergaderings verslag gedoen oor die vordering wat daar gemaak is met die aanwending van die fondse.
Tydens die afgelope vergadering van die wykskomitee van Wyk 2 is daar besluit om besoek te bring aan een van hierdie projekte wat onlangs in die plakkerskamp, bekend as Beverley Hills (Blompark), voltooi is. Die bestaande geboutjie van ongeveer 30 m² is opgradeer sodat dit as ‘n speelskooltjie vir voorskoolse kinders gebruik kan word.
Hierdie geboutjie is meer as tien jaar gelede opgerig met tweedehandse boumateriaal wat afkomstig was van die afdakke vanwaar informele handelaars in Hermanus voorheen sake bedryf het, voordat daardie markterrein met moderne strukture opgradeer is. Die geboutjie (waarvan die mure met asbesplate gebou was) het vir etlike jare gedien as ‘n sopkombuis vir werklose en hulpbehoewende inwoners van Beverley Hills. Die wyksprojek wat noodgedwonge vanweë ‘n gebrek aan fondse deur amptenare van die munisipaliteit self behartig moes word, het die bekleding van die binnemure, die aanbring van ‘n venster en plafonne, asook die uitverf van die gebou behels.
Alhoewel die Munisipaliteit Overstrand soms die geboutjie as ‘n vergaderplek met die inwoners van Beverley Hills gebruik, word daar tans oorweging geskenk aan die verhuring van die eiendom aan ‘n nie-winsgewende organisasie (SHARE) wat onder leiding van Pastoor Frikkie Zeelie waardevolle opheffingswerk in Beverley Hills behartig. Die drie strukture op die eiendom sal voortaan aangewend word vir die bedryf van ‘n voorskoolse klassie, ‘n sopkombuis/voedingskema en ook ‘n opleidingsfasiliteit waar vaardigheidsontwikkeling sal plaasvind. Heel gepas is daar besluit om die binnekant van die geboutjie te verf met skakerings van kleure van die reënboog omdat die klassie as “Rainbow Kids” bekend staan.
Die lede van die komitee onder leiding van die verkose wyksraadslid, Rdl Riana de Coning, was baie beïndruk met die finale produk en daar heers groot opgewondenheid oor die positiewe invloed wat hierdie projek sal hê in die bevordering van die lewenskwaliteit van inwoners van Beverley Hills.
Opregte dank ook aan die Area bestuurder, mnr Kat Myburgh vir sy persoonlike opoffering en fisiese handewerk om die verbetering te bewerkstellig. Die gemeenskap het groot waardering daarvoor.
Francois Myburgh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.