R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Franskraal Rolbalklub beleef tans ‘n bedrywige tyd met ‘n geslote driespel toernooi wat aangebied is, asook ‘n pretdag wat daarop gemik was om belangstelling in rolbal aan te wakker. Dit het behels dat rolbalspelers saam met vriende aan ‘n rolbaltoernooi met ‘n verskil kon deelneem. Spanne bestaande uit twee rolbalspelers en twee "onervare" vriende is saamgestel waar die ervare spelers nie in hulle spanposisies gespeel het nie. Dit het gesorg vir ‘n prettige en genotvolle dag wat daarin geslaag het om belangstelling by etlike nuwelinge te kweek.
Op 20 Februarie 2016 is ‘n ope driespel toernooi aangebied waarin ses spanne van Bonnievale, vyf van Franskraal, twee van L’Agulhas en een van die borg, Thorburn Securities deelgeneem het. Die borg, F C Smit was ook teenwoordig en verskyn saam met Pieter Conradie (President) op die meegaande foto.
Die pryswenners was ‘n span van Bonnievale bestaande uit Koos Wentzel, Josua Joubert en JD Wentzel in die eerste plek, gevolg deur L’Agulhas se Elsa van Tonder, Jantjies en Johna Giliomee in die tweede plek, met Franskraal se Piet du Toit, John Grönbeck en Theuns Roodman in die derde plek.
Die dag is afgerond met ‘n heerlike spitbraai ook aangebied en geborg deur Thorburn Securities.
Pieter Conradie
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.