Academia maak nog Geskiedenis

Academia maak nog Geskiedenis

Gansbaai Courant

Saterdag 6 Februarie is weer geskiedenis gemaak by Academia. Die eerste interskole atletiek byeenkoms is gehou tussen Academia, Albert Myburgh (Bredasdorp) en Swartberg (Caledon). Die Driehiekige byeenkoms is deur Mnr Tommy Wilson (prinsipaal: Academia) gedoop as die SWAMGA Interskole byeenkoms. Overstrand Medical Response het ‘n pragtige skild geskenk vir die geleentheid. Hiermee ‘n groot dankie aan Riaan Buys van OMR vir sy organisasie van die dag.

Albert Myburgh het met ‘n kortkop voor Academia in die eerste plek ge-eindig. Die hoogtepunt van die dag was die aflosse en die skare was letterlik histeries, veral wanneer Academia eerste oor die wenstreep gehardloop het.

Uit die atlete was ‘n span gekies wat die daaropvolgende Saterdag op Hermanus deelgeneem het en daar was weer ‘n span gekies om Suid-Boland toe te gaan. Academia se atletiek is behoorlik aan die brand vanjaar en daar word nog groot dinge verwag van die groepie atlete.

Liezel Mostert

Academia maak nog Geskiedenis

Liezel Mostert

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant