R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Ek het jou naam in My handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor My.” (Jes. 49:16)
Het jy al op een of ander stadium nodig gehad om ’n baie belangrike boodskap of nommer neer te skryf? Jy het net ’n pen gehad maar nie ’n papier nie. Waar skryf jy dit dan neer? Op jou handpalm! Sodoende het jy die boodskap naby jou gehad en kon jy dit enige tyd sien en gebruik!
Ja, ons almal het dit al gedoen, ten minste een maal. En GOD het ook!
Hierdie boodskap in jou handpalm is gewoonlik prioriteit – en jy moet dit gou gebruik – anders was dit af. Maar wat daarvan as jy op jou handpalm tatoeëer? Ingraveer? Dan bly dit vir altyd daar! Sigbaar! Dis presies wat GOD met jou naam gedoen het!
Die volk Israel het teruggekeer uit Ballingskap van 70 jaar. Hulle land was verwoes en hulle stede afgebrand. Al die mure om Jerusalem was afgebreek. Wat doen hulle? Hulle kla dat GOD hulle vergeet het. (Jes. 49:14) Maar luister na GOD se antwoord. Dit bulder uit die hemel deur die mond van Sy profeet Jesaja: “Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie.
Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor my.” (Jes. 49:15,16)
Dit is vir my die wonderlikste nuus in die tye waarin ons leef. Dit maak nie saak hoe moeilik jou omstandighede mag wees, of hoe swaar jy kry nie. Onthou hierdie belofte van GOD: “Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in My handpalms gegraveer!” (Jes. 49:16) GOD kan jou nie vergeet nie! Die kruisgebeure bevestig dit weer! Kan dit dalk wees dat Jesus aan die kruis, met die spykers wat deur Sy polse geslaan is, met die bloed wat oor Sy handpalms vloei – jou naam in bloed op Sy handpalms gegraveer - die grootste daad van liefde bewys het? Elke keer as Hy Sy deurboorde hande aan jou wys – sal jy jou naam daarin kan lees! Hoe kan Hy jou ooit vergeet?
Dis wat ons ’n Meesterplan noem! Jou naam in GOD se handpalm. Onuitwisbaar. Onvergeetlik!
Halleluja! “Jubel, hemel! Juig, aarde! Sing vrolik, berge! Die HERE het vir sy volk uitkoms gegee, Hy het Hom ontferm oor sy volk wat in nood was.” (Jes. 49:13)
“Ek het jou naam in My handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor My.” (Jes. 49:16)
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.