R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant het voorheen al berig dat Sandri Wessels van Perlemoenbaai lankal reeds bewys het dat sy haar “vrou kan staan” agter die varswater-visstokke vir die Suid-Kaap. “Onlangs het ek die Suidkaap vir die tweede jaar in die dames Suid-Afrikaanse Varswateroewerhengel Kampioenskappe verteenwoordig,” vertel Sandri. “Die kompetisie het te Sandveld by Bloemhofdam vanaf 8 tot 10 Februarie plaasgevind en daar was 3 verskillende afdelings.”
Sy sê die Premier A- en B-afdelings is groot spanne van provinsies verteenwoordig. Dan is daar ook die President A-afdeling waaraan sy en haar spanmaats deelgeneem het. In totaal was daar 7 spanne met 8 hengelaars per span, wat neerkom op 56 hengelaars in hulle afdeling. Na 3 warm dae en ‘n strawwe kompetisie, het Sandri se span daarin geslaag om met die silwer madalje weg te stap! “Dit was vir ons ‘klein’ Unie van die Suid-Kaap ‘n groot trots gewees en van die 56 algehele hengelaars het ek 11de geëindig,” sê sy. Na afloop van die SA's, word die tophengelaar van die 3 afdelings genooi om aan die Nasionale Proewe deel te neem. Sy sê vanjaar was daar 50 dames wat genooi was om proewe te hengel, wat weer oor 2 dae gestrek het. Uit daardie 50 hengelaars word die volgende spanne gekies: Protea span (5 hengelaars); SASSAC-span (5 hengelaars); SAVOF A-span (13 hengelaars); SAVOF B-span (13 hengelaars). SAVOF staan vir die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie en Sandri is gekies om SAVOF se A-span te verteenwoordig, wat ‘n pragtige prestasie is. Twee van haar ander spanmaats, Heida en Louise Botha is ook vir die A-span gekies, met ‘n ander spanmaat, Adele Conradie wat vir die B-span gekies is.
“Ek wil net graag van die geleentheid gebruik maak om my lewensmaat en persoonlike bestuurder, Dirk Lourens te bedank vir al sy liefde, ondersteuning en ure se harde werk om alles vir my moontlik te maak,” sê Sandri. “Sonder hom sou ek dit nooit kon doen nie.” Sy bedank ook vir Gansbaai Superspar vir hulle borgskap wat haar met finansiële onkostes gehelp het. “Laastens is ek groot dankbaarheid aan my Hemelse Vader verskuldig wat deurentyd ‘n wakende hand oor my en my spanmaats gehou het.”
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.