R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die week van 21 tot 25 Maart is Nasionale Biblioteek week met die tema : #libraries4lifelonglearning
Ons moedig dus die breër gemeenskap van Gansbaai aan om aan te sluit by die biblioteek deur hul munisipale rekening en ID-boekie saam te bring. Gratis sakke, inkleurprente en boekmerke sal uitgedeel word in hierdie tydperk. Ons doen veral 'n beroep op ouers om hul kinders te kom aansluit aangesien die lidmaatskap van kinders oor die afgelope tydperk skerp gedaal het. Die biblioteek het aangepas by die modernisering van biblioteekdienste en beskik oor 4 rekenaars wat vir die publiek beskikbaar is met gratis internet.
67 BLANKETS FOR MADIBA OVERSTRAND LIBRARIES
Saam met hierdie belangrike week het Gansbaai Biblioteek besluit om deel te neem aan die 67 Blankets for Madiba Overstrand Libraries projek wat geloods is onder leiding van Belinda May van Hawston Biblioteek en Edna Van Der Linde van Gansbaai Biblioteek na hul bywoning by die IFLA konferensie wat in Augustus 2015 in Kaapstad gehou is. Hierdie projek word geondersteun deur die Burgermeester Raadslid Nicolette Guthrie Botha wat 'n ruim skenking van wol aan die onderskeie biblioteke gemaak het. Die biblioteek personeel daag dus die gemeenskap uit om betrokke te raak om te help brei of hekel. Ons beoog om ten minste 10 komberse te voltooi wat bestaan uit blokkies van 20cm by 20cm. Ons verwelkom ook enige addisionele skenkings van wol. Die publiek is ook welkom om 'n 'polar fleece' kombersies te skenk wat ook omgehekel kan word. Hierdie komberse sal dan op Mandela Dag in ons gemeenskap uitgedeel word. Ons is sommer baie opgewonde en weet dat die projek met die hulp van ons gemeenskap 'n groot sukses gaan wees. Graag wil ons ook dankie sê aan die lede wat reeds so baie blokkies geskenk het.
Sharman Geldenhuys
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.