R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die grootste saamtrek nog van oudleerders – of hulle nou in 1960 hul skoolloopbaan voltooi het of verlede jaar - word vanjaar vir HTS Drostdy beplan.
Die saamtrek sal die naweek van die Classic Clashes teen Worcester Gimnasium, van 6 tot 8 Mei, gehou word. Alle skoolsport vind plaas op HTS Drostdy se velde.
Volgens Annamarie Underhay, organiseerder, is daar heelwat oudleerders wat reeds bevestig het dat hulle kom. Maar omdat die skool soveel moontlik oudleerders daar wil hê, vra hulle dat mense die nuus versprei selfs na ouer persone wat nie deur sosiale netwerke bereik kan word nie. “Ons wil ’n databasis vestig en oudskoliere inlig oor die verwikkelinge by die skool, maar ook oudskoliere erkennings gee vir hul nalatenskap by die skool”, sê Underhay, wat byna 15,000 name, 2,000 e-posadresse en 8,800 telefoonnommers bymekaargemaak het.
Sy sê die skool se personeel wil ook huidige leerders in kontak bring met suksesvolle sakemanne en –vroue wat deur die skool opgelei is, ondernemings bewus maak van die skool se visie en waarvoor geldinsamelings gedoen word en terselfdetyd die skool se argief uitbou … en hopenlik ou tradisies versterk en nuwes vestig.
Underhay vertel dat die ouer oudskoliere, met wie sy reeds gesels het, met groot opwinding gereageer het en beloof het om foto’s, herinneringe en selfs ’n gesteelde ou koshuisklok saam te bring! Die gastelys sluit reeds suksesvolle sakelui en oudleerders van die uithoekke van die wêreld in.
Die naweek se verrigtinge sal afskop Vrydag 6 Mei 07:00 met ’n gholfdag by die Worcester Gholfklub, in die vorm van ’n vierbal-samespel. Die prysuitdeling (van sowat R20,000 se pryse) sal geskied saam met die oudskolieresaamtrek die aand, in ’n reuse markiestent op die skool se sportterein. Op dieselfde dag sal die 4x4-liefhebbers ’n dag in die buitelug kan geniet by Tierkloof. Die inskrywingsgelde vir die dag sal aan die skool geskenk word.
Die oudskolieresaamtrek Vrydagaand om 18:00, in ’n reuse markiestent op die rugbyveld, sal na verwagting ’n swierige informele geleentheid wees vir sowat 2,000 gaste – ouers, oudleerders, personeel en vriende van Drostdy. Hier kan gaste uitsien na ’n “Reis na gister”- geselsprogram met Jak de Priester wat beloof om baie interessanthede en staaltjies uit vervloë dae op te lewer. Daar sal ook ’n veiling en ete aangebied word.
Saterdag 7 Mei sal ’n dag van aksie wees wanneer Drostdy op sy tuisveld teen Worcester Gimnasium te staan kom. Afgesien van die eerstespanwedstryd, wat in elk geval groot getalle besoekers sal lok, sal daar ook ’n OId Boys-wedstryd wees wat volgens Underhay in ’n gemoedelike gees sal plaasvind ter ville van ’n bietjie pret.
Die skool sal ook probeer om ’n rekord op te stel deur 113 meter wors te braai (die skool is vanjaar 113 jaar oud).
Die naweek sal Sondag 8 Mei op ’n gewyde noot afgesluit word met ’n kerkdiens.
Belangstellendes sal kaartjies vir die tentfunksie, die ete en geselsprogram met Jak de Priester, ontbyt, ’n middagete-en-petkombinasie en braaipakkie vir die worsbraai op Computicket kan koop.
Enige iemand met navrae kan Annamarie Underhay skakel by 082 337 6849 of e-pos by - underhay62@gmail.com
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.