R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.” (Efesiërs 1:18-21)
Kan jy nog onthou in watter tyd ons nou is? Nee, nie April, of die begin van die winter, of die aanvang van ’n nuwe skooltermyn nie of rugbyseisoen nie.
Ek praat van die tyd na Jesus se Opstanding uit die graf – Sy oorwinning oor die dood! Ja, ons as Christene vergeet baie maklik dat ons almal in dieselfde bootjie is – saam met Jesus, op pad na ons ewige Vaderhuis.
Ons mag nooit vergeet dat ons, net soos Jesus, oorwinnaars is nie. Jy is dit nou, op hierdie oomblik! Ons moet elke dag besef dat ons, deur ons geloof in Jesus Christus, ook dieselfde kragtige werking in ons lewe ervaar, net soos Jesus dit ervaar het. Dieselfde GOD wat Hom uit die dood opgewek het, het ons verseker dat die dood vir ons geen bedreiging inhou nie. (Rom. 8:31,32). Dis is immers dieselfde Heilige Gees wat jou en my tot geloof in Jesus gebring het en dit elke dag deur die Waarheid van die Woord bevestig. Glo jy dit? Weet jy dat jy ’n oorwinnaar is as jy Jesus se Naam in geloof uitroep. Al voel jy asof jy elke dag beproef word of baie swaar kry – Jy is alreeds ’n oorwinnaar! (Rom. 8:37)
Maar die belofte in GOD se Woord gaan nog verder: Jy kan nou elke aanslag op jou lewe van satan weerstaan en oorwin omdat die Heilige Gees vir jou die stryd voer. Jesus het elke moontlike mag of krag wat daar op die aarde mag bestaan reeds oorwin (Lees weer Efes. 1:18-21 hierbo)en glo daar is NIKS, ja NIKS wat jou kan skei van die liefde van GOD wat Hy vir jou het in Jesus Christus nie! (Rom 8:37-39). As jy val in versoekings, drankmisbruik, dwelms of vuil taal – is dit omdat jy ongehoorsaam is aan Jesus wat jou klaar die oorwinning gegee het – jy het mos die wapenrusting aan wat jou bekragtig teen enige aanslag. (Efes. 6:10-18). Jy moet opstaan in die krag van Jesus en Sy sy sterkte (Efes. 6:10) en met jou mond en lewe proklameer: Ek het saam met Jesus opgestaan uit die dood! Ek leef met Sy krag in my! Ek is saam met Hom meer as ’n oorwinnaar!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.