R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Strandveld Perdryklub het pas hul eerste uitstappie vir 2016 afgelê. Die dag het afgeskop vanaf Uilenkraal, waartydens waens en perde ingespan is met die Klub se wa as “backup” voertuig. Die roete was al langs die Avoka pad verby Papiesvlei om na die plaas waar Grewe en Ilse van Dyk woon.
Met aankoms is die diere afgesaal en versorg en kamp opgeslaan . Almal het sommer dadelik soos een span aan die werk gespring om te help waar hul kon met die voorbereiding van die 3 potte en varsgebakte brood vir aandete. Grewe het gesorg vir musiek en so tussen deur die geselligheid om die vuur was daar lekker gedans. Graag wil die Voorsitter Japie Swart van die geleentheid gebruik maak om die volgende persone te bedank: die mede bestuurslede Henk en Eljoh Smit wat leiding geneem het met al die reёllings vooraf en tydens die kommando, dit het bygedra tot die groot sukses daarvan, vir Grewe en Ilse van Dyk, wat oornag geriewe beskikbaar gestel het en al die lede sowel as al die besoekers wat deel was van hierdie “trip”. Hy nooi ook die publiek uit om aan te sluit by die Strandveld Perdry-klub. Dit is ‘n gesins- vriendelike klub en die uitstappies word in gesinsverband gereёl.
Vir navrae kan Eljoh Smit gekontak word Tel 082 8107 687.
Madelein Swart
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.