R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Kom ons praat ‘n slaggie net visstories.
Die afgelope twee weke was daar heelwat aksie. Ongelukkig nie wat betref geelbek nie, maar dis mos nie die einde van die wêreld nie! Indien jy in ag neem wat wel gevang is is daar tog heelwat om voor dankbaar te wees en selfs so bietjie opgewondenheid sal in orde wees. Indien ek reg onthou was daar (toe wel ‘n geelbekkie of twee), heelwat kabeljou, baie en vet hotties, roman, PW’s, baie makriel (darem nie monsters nie) en nog vis soos kolstert, witstompneus, selfs ‘n elfie, silwervis en panga. Die bloukoppies was besonders groot en ek sou sê, sal ‘n pan behoorlik laat les opsê. Met so ‘n verskeidenheid móét mens mos gelukkig wees! Dan dwaal die maasbankers en harders om die boot rond, wat jou nog ‘n opsie los.
‘n Boot sal jou kry op die plek waar hierdie vis te vinde is. Dis wel so dat jy nie sommer enige plek kan anker gooi en vis verwag nie, daarom sal dit nogal help indien jy kennis het oor waar om te gaan. Joubert se Dam sal, vir nou in elk geval, ‘n goeie beginpunt wees. Ondervinding sal jou sekere hengeltegnieke geleer het. Vat die makriele byvoorbeeld, (hulle is van middelmatige grootte).. Indien jy nie wil sukkel nie, gebruik dun lyn en sommer baie klein hoekies, sommer jou hotnotsvis-“tackle”, maar met ‘n baie ligte gewiggie, en wanneer die vis opkom, geen sinker nie. Wat die kabeljou betref, dis mos nou sy tyd om dieper water toe te verkas en dis waar jy hulle gaan vind. Daar sal nog van die kant af gehengel kan word, maar hulle sal beslis nie so volop daar wees nie. Jou manier van hengel sal ook verskil wanneer jy vanaf die kant hengel en dan weer vanaf ‘n boot, in dieper water. Net vir die manne wat die see hier by ons nie so goed ken nie, wees altyd vesigtig. Hieroor kan mens sommer baie skryf, maar in kort -- hou die weer in gedagte en wanneer jy wel besluit om op ‘n sekere plek te vertoef, spandeer genoeg tyd om byv. waar te neem of die branders nie dalk op ‘n ongemaklike tyd daar breek nie. Hanteer jou anker met die nodige respek. Daar is nog vele ander aspekte om in gedagte te hou, maar genoeg hiervan vandag.
Geniet die see! Groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.