Kanonkop se Voortrekkers

Kanonkop se Voortrekkers

Gansbaai Courant

Die Kanonkop Voortrekkers (Gr 5-span) van Protea Hoogte in Brackenfell het Gansbaai en omgewing onlangs besoek.

Die offisier wat hulle vergesel het, is Petrie Le Roux, seun van ‘n ou bekende Gansbaaier, René Le Roux, wat in 2015 verhuis het, terwyl sy haar woning in Franskraal behou het. Sy het ‘n “program” met besienswaardighede vir Petrie en sy spannetjie uitgewerk en die kinders het die verskeie besoeke terdeë geniet.

By Strandveld Museum in Franskraal het Jan (Pyp) Fourie, bekende skrywer van die Strandveld, hulle teruggevoer na die ou dae van koolstowe en die speel van ou boerekonsertinas, plus vanselfsprekend die geskiedenis van die HMS Birkenhead Troepeskip.

Daarna het hulle Coenie en Christa van Dyk in De Kelders se mini-voorstellings van 7de Laan en Coenie se plaas besoek, asook Albert en Marie Potgieter se bekende Feetjietuin.

In die Great White House het hulle hulself verkyk aan die enorme walvisskelet teen die plafon en het ook na ‘n praatjie oor walvisse en grootwithaaie geluister.

Volgende op die lys was die African Penguin and Seabird Sanctuary (APSS) in Kleinbaai waar hulle gewys is hoe pikkewyne gevoer word.

Die span het ook besoek by Danger Point afgelê en was gefassineer oor die monument met die name van oorledenes tydens die sinking van die HMS Birkenhead Troepeskip, asook die Birkenheadrots. Daar het hulle ook van die opdrag, “Vroue en kinders eerste” se oorsprong gehoor wat daar begin het.

In Kleinbaai kon hulle ook na Wilfred Chivell se boot, Dream Catcher kyk en foto’s neem.

Daarna kon hulle vir oulaas voor die winter heerlik by Uilkraalsmond gaan swem.

Sondag is afgesluit met ‘n wandeling deur die Groot Melkhout Wandelpad in Franskraal. Daar moes hulle die verskeidenheid van plante, insekte en diere waarneem, met Mariaan Burger van Franskraal wat hulle touwys gemaak het.

Petrie sê hulle kuier hier is goed deur Alexander opgesom: “Dit was die lekkerste kamp waarop ek al ooit was!”

Kanonkop Voortrekkers se Gr 5’s bedank graag die inwoners en instansies wat hulle besoek hier aangenaam en interesant gemaak het, asook vir hul wonderlike gasvryheid.                                       

Hardus Botha

Kanonkop se Voortrekkers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant