R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Wie kan dit te wagte wees dat die “Kings” die gedugte “Lions” kan klop? Nie veel nie. Hawston, een van die beste spanne in die kompetisie het hier net te veel skietgoed gehad om Black Leaves met 48-13 af te ransel.
Black Leaves was nie naastenby die span wat daar anderkant met Caledon gaan afreken het nie. Black Leaves het vroeg die enigste voorsprong van 3-0 geniet met ‘n puik strafdoel vanuit die halfgebied. Hawston het met goeie konstruktiewe spel vorendag gekom en die drieë begin inryg. Met die groot eerste helfte telling alreeds op 26-3 was die skrif reeds aan die muur.
Met die aanvang van die tweede helfte het die Gansbaaiers steeds die groot skare vermaak met nog lekker hardloop rugby en behaal in die proses hul enigste twee drieë. Die Baai het hulself telkemale lelik in die voet geskiet met te veel verkeerde opsies wat die foute veroorsaak het. Ten spyte van die geelkaart wat Hawston se slot (No. 4) gekry het, kon die Baai dit nie uitbuit nie. Hawston is welliswaar die span met vorm in die kompetisie, maar dit gaan oor wie gaan laaste eindig en die Baai hou nie van sulke situasies nie.
Black Leaves sal egter sy spel 120% moet opknap as hulle nog enigsins ‘n sê wil hê in die kompetisies. Die kans is daar om komende Saterdag (30 April) teen Botrivier te gaan regmaak. Black Leaves se C & B spanne verloor ook teen Hawston.
So sê Bra “G”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.