R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in GOD; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Joh 14:1 -3)
Ons vier hierdie Donderdag in die Christelike kerke Hemelvaart. 40 Dae nadat Jesus uit de graf opgestaan het, het Hy voor Sy dissipels na die hemel opgevaar. Die storie word vertel van die gemeente wat een Sondag heerlik saamgesing het rondom Hemelvaart: “Ons gaan hemel toe! Ons gaan hemel toe!” Hulle het die verse oor en oor herhaal en dit naderhand meer en meer entoesiasties gegaan. In die voorste kerkbank was daar ’n klein mongooltjie wat ook probeer saamsing het, maar sy woorde het maar moeilik uitgekom. Hy was net só opgewonde soos die res van die gemeente maar al wat uit sy mond gekom het, was: “Ek ôk! Ek ôk! Ek ôk!”
Jy kan jouself voorstel hoe ontsteld die dissipels moes gewees het toe hulle hoor dat Jesus hulle gaan verlaat. Wat gaan van hulle word? Sou Jesus dan nie ’n koninkryk op aarde vestig wat vir die Joodse volk ’n totale bevryding van die Romeinse oorheersing gebring het nie. Het Hy dan nie hulle verseker Hy sal hulle nooit verlaat nie? Dan kom Jesus tussen hulle (en ons!) staan en Hy sê die woorde: “Moenie julle ontstel nie. Glo net in GOD en glo in My!” (Joh. 14:1) Die eerste en belangrikste saak wat deurkom is dit: Al wat ons hoef te doen is om in GOD en Jesus te glo. Nie ’n klomp wette wat ons moet nakom of ’n klomp tradisies beoefen nie – net: GLO!
“So lief het GOD die wêreld gehad dat Hy Sy enig gebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, NIE verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe SAL hê!” (Joh. 3:16)
Die tweede saak wat ons hoor as Jesus praat is dit: Daar is baie woonplek in die hemel – en Hy sal ons beslis kom haal om by Hom te wees – só: Ons gaan hemel toe! Daarom moet ons almal nou hier op aarde met soveel entoesiasme en liefde leef sodat sóveel as moontlik mense saam met ons die pad deur Jesus na die hemel kry. Kom ons begin sommer nou vir almal vertel van die wonderlikste ding wat met ons gebeur het. Jesus het ons verlos en Hy kom ons haal!
“Ons gaan hemel toe! Ons gaan hemel toe!”
“Ek ôk! Ek ôk!”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.