R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
In die nuutste pastelmodekleure pryk twee wynbottels op ons tafels tydens die vrystelling van die Gansbaai Gedenkboek, met dié woorde – "Life is to Live" op die liggeel bottel en "Life is to Discover" op die blou bottel. Onderaan beide bottels kan jy, as jy “wel ter voele” is, in braille lees dat dit Sauvignon Blanc en Merlot is.
Francois en Deonora de Jongh, het namens die Gansbaai Courant, dié besondere wyne as ‘n afskeidsgeskenk geborg. Na 17 jaar, as stigters van die Gansbaai Courant, tree hulle uit.
Buite reflekteer die haweligte op die water. ‘n Storm is aan’t kom, vertel die Gansbaaiers. Binne kuier die sowat tagtig gaste, warm en gesellig.
Ek is nuut in die dorp. Ek, Marinda van der Walt, die nuwe eienaar van Gansbaai Courant. Dit is my eerste funksie in Gansbaai en ek voel geëerd om as gas hier te wees.
Gansbaai was nog altyd “vakansieplek” en skielik word dit “werkplek”.
Ek ontmoet die agbare burgemeester, die dorpsbestuurder, die skoolsekretaresse, die proefleser, die skrywers en besef net weer eens hoe bevoorreg ek is om ‘n vastrapplek hier in die pragtige Overbergse dorp te kon vind.
Plattelandse koerante lê my nog altyd na aan die hart en ek het Beeld se aanbod om na my studies vir hulle te kom werk, van die hand gewys.
Op ‘n jonge 19-jaar was ek die redakteur van Groblersdal en Marble Hall (Mpumalanga) se Loskop Nuus. Die uitgewer verkoop my met koerant en al aan ons opposisiekoerant – Die Daller, waar ek as advertensieverteenwoordiger optree en na baie draaie deur die Mpumalanga-provinsie as jong getroude, beland ek weer in Marble Hall en begin my eie maandblad – Die Koerier.
Met ‘n wederhelf wie se werk onderhewig was aan verplasing, word ek genoop om my “baba” te verkoop en word ek deel van die redaksie by die Standerton Advertiser.
In 1996 open ons die deure van Platberg Foto & Studio en bring byna twintig jaar deur in Harrismith, waar ons twee kinders grootmaak.
2016 bring vir my ‘n nuwe geleentheid met die Gansbaai Courant en ek vertrou dat ek en my redaksiespan aan ons dorp die koerant sal gee wat hom toekom.
Marinda van der Walt,
Uitgewer/ Eienaar: Gansbaai Courant
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.