R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?” (Mat 6:25) “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van GOD en vir die wil van GOD, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.” (Mat 6:33,34)
Ek wonder of daar ’n sonde is waarteen Jesus Sy dissipels meer en ernstiger gewaarsku het as hierdie een: Die sonde van bekommernis oor môre en wat jy sal eet, drink en aantrek. (of vir ons tyd: Gaan ek eendag as ek oud is genoeg geld hê om gemaklik te lewe; wat gaan van ons land word; gaan my kinders eendag in hierdie wêreld van vandag kan oorleef; en so kan jy aangaan met bekommernisse op bekommernisse oor die toekoms!)
Kom ons gaan kyk net weer wat Jesus aan Sy dissipels geleer het in die Bergpredikasie – en dan ook in hierdie gedeelte van Matteus 6:25-34. Hy begin in Matteus 5:3 met die eerste woorde: “Gelukkig is die armes van gees/die wat weet hoe afhanklik hulle van GOD is - want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”
Dit is presies wat Jesus ook ’n paar keer sê in die gedeelte oor die bekommernisse van die lewe. “Hou op om jou te bekommer – want julle Hemelse Vader sorg vir julle soos wat Hy vir die voëls van die veld sorg!” (Mat 6:26) Lees dit weer en onthou dit: GOD sorg vir jou soos Hy vir die voëls van die veld sorg. Het jy al ooit ’n voël op ’n tak gesien wat hom sit en bekommer?
Nee, hulle is die hele dag besig om ywerig kos te soek en besig te bly met hulle lewenstaak. Wat is die lewensles wat jy by voëls kan leer: Word wakker die oggend en begin met jou dag: Werk, soek kos en doen wat jy kan. Elke dag dieselfde. Wees besig met wat jou hand vind om te doen en môre sal vir homself sorg. Jy kan niks aan die toekoms verander deur jou daaroor te bekommer nie. GOD is in beheer – en Hy sal sorg dat dinge uitwerk soos wat dit in Sy groot Plan bedoel is. Jou opdrag is om besig te bly met jou daaglikse take en goed te doen waar jy kan en aan wie jy kan. Dit sal beslis aan jou groter vreugde en vrede bring as al jou tydmors met gedagtes van bekommernis oor die toekoms.
Doen wat Jesus vra: Soek die koninkryk van GOD en Sy Wil vir jou lewe – en GOD sal vir die res sorg. Begin leef jong! Jy mis ’n groot stuk lewensvreugde!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.