R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Kankerlyer en lieflinghond van ‘n Krugersdorpse eienaar dra by tot BARC (Birkenhead Animal Rescue Center) in Gansbaai se winternood.
Cheronne Viljoen, dogter van Mike en Yvonne Beyl van De Kelders se “baba”, Chelsea-Bean is ‘n paar jaar gelede met kanker gediagnoseer, maar is steeds in lewende lywe. “Ek het kort na die skokkende diagnose, die Chelsea-Bean Winterprojek gestig,” vertel Cheronne.
Hierdie projek, wat Cheronne baie na aan die hart lê, sorg vir handgemaakte hondejassies en –kombersies.
Sy het deur haar ouers van BARC verneem en summier ‘n voorraad warm hondejassies en -kombersies saam met hulle gestuur. “Dit kan dadelik vir die honde in hokke gebruik word, maar die res kan in BARC se winkel vir fondse verkoop word,” was Cheronne se boodskap. Sy het belowe om later weer voorraad aan BARC te stuur en vertrou dat hulle daarby baat sal vind.
Annalie Jonker van BARC sê dat sy baie dankbaar is dat dit oor die algemeen goed gaan met die organisasie, maar dat die nood vir ondersteuning, skenkings en borgskappe steeds hoog loop. Sy sê voorts dat veral die skenking van items vir BARC se winkel hoog op prys gestel word.
Warm klere, jasse, skoene, komberse en alles wat die koue wintermaande meer draaglik kan maak, asook kombuisware en linne, is baie welkom.
Bykomende hulp vir Nols Jonas is onlangs by die hokke aangestel, aangesien die werk eenvoudig net te veel was. Daar is op die oomblik twintig klein hondjies, bo en behalwe die bestaande groot honde.
BARC het baie dringend vrywilligers nodig om met die honde in die speelarea te stap. Maak ‘n dier se dag en gaan geniet die vars lug en baat by goeie oefening. Enigiemand wat belangstel om die organisasie van hulp te wees, kan Nols skakel by 083 742 3903.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.