R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Vierjaarlange verhouding wat versuur het, het verlede Dinsdag, 5 Julie 2016, tragies geëindig toe die ma van twee minderjarige kinders deur haar voormalige vriend met ‘n mes gesteek is.
Die 35-jarige vrou van Masakhane wie se naam teen ons ter perse gaan, nog nie gepubliseer kon word nie, was op die betrokke dag te voet op pad na ‘n plaas net buite Masakhane, waar sy werksaam was.
Haar voormalige vriend, ene Manager Mphoselwa (36) het haar vergesel en ‘n woordewisseling het ontstaan, waartydens hy haar na bewering met ‘n mes in die linkerbors gesteek het.
Met die aankoms van noodpersoneel het die vrou nog geleef. Sy kon egter nie praat nie en is kort daarna oorlede.
‘n Ooggetuie het die man op die toneel aan speurders uitgewys, waarna die vermeende messteker homself oorgegee het en die mes aan die polisie oorhandig het. Mphoselwa het Donderdag, 7 Julie in die Hermanus-hof op ‘n klag van moord verskyn.
Die vrou laat twee kinders van sewe en nege jaar na.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.