R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Net so hard soos wat ons dorp se handvaardiges en goedhartiges aan vanjaar se Herberg-aan-See basaar werk, net so foutloos stik die handmodel Singer naaimasjien van Maryna Rossouw aan die veelkleurige poppe wat sy vir dié geleentheid maak.
Die 75 jaar oue naaimasjien vanuit Engeland, dateer uit 1941 en is oorspronklik deur Maryna se ma aangekoop. Maryna sou graag wou weet of daar ouer Singer naaimasjiene as dié een in die omgewing is. Lesers kan gerus die Gansbaai Courant laat weet.
Maryna se vrolike verskeidenheid poppe weerspieël die absolute noukeurigheid waarmee sy hierdie liefdestaak uitvoer. Sy maak ook dekentjies vir die popbedjies wat Das van Dyk vir die basaar vervaardig. Maryna is ook die koördineerder van vanjaar se basaar wat vir 1 Oktober beplan word. Sy was in 1995 een van Gansbaai Goue Hande se stigterslede en is sedert 1996 betrokke by HaS se jaarlikse basaar. Maryna en haar eggenoot, Johan, woon al twee en twintig jaar in Kleinbaai.
Soos vele ander, is Roger Voigt van De Kelders ook hard besig om sy kant te bring. Hy verteenwoordig die dorp se houtwerkklub deur handige houtspeelgoed te vervaardig. Hy doen ‘n beroep op veral die dorp se jong mense om aan te sluit by die Overberg Houtwerkers Assosiasie. Belangstellendes kan Hennie Prinsloo skakel by 083-414-7962.
‘n Baie ywerige Francia van Dyk is besig om makataankonfyt te kook vir die basaar. Herman Young van De Kelders het makatane geskenk, waarvan die grootste ‘n tamaaie 50kg is.
Die organiseerders is dringend opsoek na oorskiet wol, lap, hekelgare, roomysbakke en 5 liter waterbottels. Francia kan by 028-384-0262 geskakel word vir navrae, hulp en skenkings.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.