R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Baie jare terug gaan hierdie maat van my saam see toe met net ons twee aan boord. Wat my eerste opgeval het was sy vreeslike katrol -- dié het my nog herinner aan ‘n “hubcap”, bietjie oordryf darem, maar nogtans groot. Hy sien toe ek so loer en kom dadelik met ‘n verduideliking vorendag. Hierdie katrolle sê hy is omtrent die populêrste in veral Natal en Durban. En dis ook sy visstok wat hy altyd gebruik het.
Toe hoor ek van die vreeslike seestrome en dat hulle normaalweg kondens-melkblikkies gebruik om die ou swaar sinkers te vorm.
Ek was darem ook nie heeltemal onnosel nie en het so ‘n idee gehad, maar híér, nee ou maat, dink ek, hier gaan dit nie werk nie. Daardie dag vang hy twee groot kabeljoue van oor die twintig kilogram elk.
En die katrol het nie eens ratte nie! En boonop verloor ek mý kabeljou toe die vis met stok en al in die diep water verdwyn.
Intussen het heelwat manne al met hierdie tipe gereedskap ordenlik vis gevang op die boot.
En kyk, hierdie ouens ken van, hoor.
Ek wil graag vertel van Eldo Marais wat ‘n katrol (nog groter as bogenoemde) persent gekry het van Dirk Odendaal, Franskraal.
Ek gaan probeer om dit te beskryf. Soos reeds gemeld, dis gróót. En dit werk op dieselfde prinsiep as die ou “backpedal”-fietse. Om die waarheid te sê kom die meganisme juis uit een van hierdies.
‘n Briek is verkry deur ‘n terugwaartse beweging van die slinger en dit het vir my baie effektief gelyk.
Verder is daar ook nie ratte nie en spoed word bewerkstellig deur die groot deursnee van die katrol.
En dan is dit blykbaar tuisgemaak ook.
Eldo het hierdie katrol nog nie by die water gehad nie maar ek dink hy moet dit liewer bewaar.
Is daar nog elders van hierdie meesterstukke?
Ek wil ook graag vra of daar dalk enigiets vreemds êrens is wat met hengel te doen het. Laat weet gerus. Groete
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.