SUPERSPAR BIED AAN: Vroueoggend

SUPERSPAR BIED AAN: Vroueoggend

Gansbaai Courant

Dit was ‘n wonderlike oggend wat gewy was aan heerlike kos & vonkelwyn, wonderlike saamkuier, lag en huil en net vir ‘n kortstondige oomblik kon die tyd vir ons vrouens stilstaan om net te kon voel hoe dit is om te kan terugsit en te geniet.  Liz Meiring en Margit (Dowwe Dolla) het die gaste op ‘n verbeeldingryke en komiese vlug gesit met hul lawwe, maar tog diep stories. Adam was soos altyd  uitstekend en daar was verseker nie ‘n droë traan in die gehoor nie. Ons dag was aangebied om ook uit te reik na Cancer Vive, ‘n organisasie wat geweldige goeie werk doen met die bewusmaking van kanker en die ondersteuning in hierdie moeilike tyd. 

Die ondersteuningsnetwerk wat hulle aan die wye publiek gee, kan nie in randwaarde gemeet word nie en was dit vir Superspar Gansbaai wonderlik om R15 000 te kon bydra sodat hulle hierdie wonderlike werk kan voortsit. Elke gas het ook nie leë hande huis toe gegaan nie en is bederf met ‘n pragtige, grys en wit “Shabby Chic”-drasak vol interessanthede.

Gansbaai Superspar en Chrizülene van Niekerk bedank elkeen wat hierdie heerlike oggend bygewoon het.  Ons glo dat elkeen dit terdeë geniet het en onthou – bespreek asseblief vroegtydig u plekkie vir volgende jaar! 

SUPERSPAR BIED AAN: Vroueoggend

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant