“U troue liefde is meer werd as die lewe” - Ons sê sommer net dankie

“U troue liefde is meer werd as die lewe” - Ons sê sommer net dankie

Gansbaai Courant

“U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys. Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om u Naam te prys.” (Ps. 63:4,5) 

“Dit is goed om die HERE te loof, om u Naam te besing, Allerhoogste.” (Ps. 92:2)

“Loof die HERE, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!" (Ps. 107:1)

Hier aan die einde van 2016 kan ek nie anders as om oor die see uit te kyk, my hande op te hef en die HERE uit die diepte van my hart te loof en prys nie! Ek nooi jou nou uit om langs my te kom staan en vir die HERE dankie te sê vir Sy getrouheid en liefde!

Ons loof U HERE, vir elke dag van hierdie jaar waardeur U ons gelei en bewaar het!

Ons loof U Vader, dat U só geduldig met ons was, selfs wanneer ons opstandig geword het!

Ons loof U Jesus Christus, dat U elkeen van ons sondes vergewe het en ons die nuwe lewe geskenk het wat ons nuwe hoop en visie gee vir die toekoms!

Ons prys U Heilige Gees, dat U elke oomblik van hierdie jaar in ons harte die vuur laat brand het vir ‘n lewendige verhouding met ons Verlosser, Jesus Christus!

Ons loof U vir daaglikse krag en gesondheid waarsonder ons nie kan voortgaan nie!

Ons prys U vir elkeen van ons familie en vriende wat ons pad kon kruis en aan wie ons ‘n klein bietjie van U liefde kon gee!

Dankie Abba, vir ons kinders en geliefdes wat ons met soveel liefde oorlaai. Ons wil hulle almal weer eens aan U opdra en dankie sê dat U hulle ook só baie lief het!

Ja HERE, ons is ook dankbaar vir ons geliefdes wat deur U weggeneem is na die ewige Vaderhuis! Ons sien só uit daarna om ook eendag saam met hulle by U te wees! Dankie dat ons weet U kom ons haal op U bestemde tyd!

Ons loof U Skepper GOD, vir die mooi land waarin ons woon, die sonskyn en die reën, die see, berge en uitgestrekte vlaktes! U is wonderbaarlik groot, Vader!

Ons loof U vir elke geleentheid waar ons vir ons leiers kon bid en ons land aan U kon opdra! U regeer HERE, en ons weet U is in beheer – laat U wil net oral geskied!

Ai, HERE, ek kan U nie ophou loof vir die wonderwerke wat U in my lewe laat gebeur nie! U verhoor ons gebede op U tyd en U gee uitkoms wanneer ons dit nie verwag nie! Halleluja!

Dankie Vader, vir oë om te kan sien hoe goed U is! Dankie vir ‘n mond om aanmekaar te getuig van U genadige liefde vir ons as sondaars! Dankie vir hande en voete om besig te bly met U werk hier op aarde!

Dankie! Dankie Dankie! Ons is só lief vir U!

“U troue liefde is meer werd as die lewe” - Ons sê sommer net dankie

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant