R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
17 Gansbaaiers, 2 kleinkinders van Qatar, 2 Ierlanders, 11 Pretorianers, 1 suster van Warmbad (Modimolle) en 5 Langebaners het die afgelope naweek hul ma, ouma en oumagrootjie se 90ste verjaardag in ‘n yskoue, winderige Gansbaai kom vier.
Niks kon egter die vreugde demp vir hierdie familie wat steeds die voorreg het om hul ma by hulle te hê nie.
Ouma Lida sê: “Dit is ‘n groot dag in my lewe wat alleen moontlik gemaak is deur die liewe Heer se onbeskryflike groot genade. Hy waak elke dag oor my. Sy liefde is rondom my en Sy arms altyd onder my.”
Ouma Lida stap ook reeds ‘n lang pad met Deon en Linda Kloppers van die o.m.G.e.e. Gemeente in Gansbaai. Deon was die Hervormde Kerk leraar toe Lida en haar oorlede man, Tienie nog in Groblersdal gewoon het.
Tienie en Lida van Staden was ‘n geliefde egpaar van dié dorp waar hulle vanaf 1965 tot 1997 gewoon het.
Hulle was nóú betrokke by hulle gemeenskap waar hulle ‘n baie suksesvolle boumateriaalonderneming bedryf het, nl Loskop Verf & Hardeware.
Tienie en Lida was ook kranige rolbalspelers en op hul tyd albei presidente van die Groblersdal Rolbalklub, waar hulle ook betrokke was by die bou van die klubhuis.
Die egpaar was albei op die bestuur van die plaaslike noodhulpliga, vir wie Tienie ook ‘n ambulans geskenk het.
Hulle was ‘n tyd lank Groblersdal se burgemeesterspaar en op die bestuur van die Groblersdal Afrikaanse Sakekamer.
Tienie was ook ‘n kranige boot- en diepseehengelaar by die SENTSKI hengelklub.
Die egpaar het ‘n vol en besige lewe gelei. Tienie is op 87-jarige ouderdom in die gedenkakker van Nylstroom begrawe en die egpaar was 64 jaar lank getroud.
Lida woon die afgelope 2 jaar in Pierre van Ryneveldpark in Pretoria saam met haar kinders, Gawie en Riette Rossouw.
Sy het besluit om hierdie besondere verjaardag in Gansbaai te vier aangesien die meeste van haar nasate nou hier woon.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.