R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“Atlete vir Christus 2017” het onlangs vanaf die Universiteit van Stellenbosch na Pearly Beach NG-gemeente gedraf om hul evangelie-boodskap daar uit te bring.
Die groep, onder leiding van hul “toerpa”, ds Frankie Gerber, ‘n leraar van Ceres-vallei, is ‘n diverse groep vrywillige studente. Hulle bestaan uit 10 atlete, ‘n sang-groep van 10 lede en 3 werkers. Dit is ‘n tradisieryke aksie wat al vir meer as 40 jaar tydens die Junie/Julie vakansies in verskeie dorpe optree om fondse vir die bediening aan gevangenes in te samel.
“Hierdie groep vrywillige studente is ware ambassadeurs vir die Koninkryk van Christus,” het ds Gerber gesê. “Hulle hardloop, sing, gesels, getuig en leef Jesus Christus!”
Ds Gerber is self ‘n oud-atleet wat in 1977 deel was van “Atlete vir Christus” se toer- en drafgeselskap tussen Stellenbosch en Ladysmith (KwaZulu-Natal).
Tydens die byeenkoms in Pearly Beach, het drie almamaters van die Universiteit van Stellenbosch se Teologiese Fakulteit, wat in 1981 saam afstudeer het, mekaar weer ontmoet vir ‘n gesellige saamkuier. Hulle is ds Frankie Gerber, toerleier van die besoekers, emeritus predikant van Pearly Beach, ds Hennie Basson en ds Dirk van Dyk van Gansbaai NG-gemeente.
Die jaarlikse doelwit van die groepe is om minstens R50 000 in te samel vir die evangelisasiewerk wat Bybel-media Suid-Afrika in Suid-Afrikaanse gevangenisse doen.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.