Moordsaak sloer

Moordsaak sloer

Gansbaai Courant

Die verdagte “moordenaar”, Johan Julies

Die verhoor van die twee moordverdagtes, Johan Julies (31), alias Typie, en sy houvrou, Mariaan Nobles (30), het  verlede Dinsdag  in die Strand Streekshof hervat.  Hulle  staan  tereg  op  die  bylmoord  van  Jan (Nugget) Otto wat op 21 Februarie 2011 in sy bed met 2 bylkappe op die kant van sy kop vermoor is. 

Die vermoorde skipper,  Jan (Nugget) Otto

Hy het die oggend nog geslaap nadat sy vrou, Tania , gaan werk het aangesien hy die vorige nag op die vistreiler Wildegans, geskipper het. Hy is in sy slaap oorval. Verskeie juweliersware, 2 selfone en ‘n kamera is gesteel. Die beskuldigdes het vir die eerste keer op 10 Julie 2012 in die streekshof verskyn en daar is getuig hoe Tania op haar man se lyk in hul slaapkamer afgekom het. Sy het bekommerd geraak dat hy nie sy selfoon beantwoord het nie en gaan ondersoek instel. Daar is ook getuig oor hoe Nobles al die gesteelde goedere by die herwinning sorteringslokaal by die stortings-terrein onder verdagte omstandighede gekry het. Ettienne Brown, die terreinbestuurder, het Dinsdag getuig hoe sy hom gevra het of sy ‘n silwer hangertjie wat sy tussen die stortings-materiaal gekry het kan hou. Hy het gesê dit is goed so, maar het later by die ander asrapers, wat saam met haar gewerk het , gehoor dat sy baie meer juweliersware as dit in ‘n plastieksakkie gevind het. Hy het toe ook  al reeds gehoor van die moord en die diefstal en het toe die polisie van die vonds  in kennis gestel. Speurkonst Donny Pretorius het reeds met die verdagtes se eerste verskyning getuig hoe Nobles die juweliersware, wat ringe insluit, aan haar probeer verkoop het. Dit het gelei tot Nobles se arrestasie. Julies, wat ook ‘n gesteelde ketting gedra het,  is toe ook gearresteer. In ‘n opspraakwekkende wending in die saak het ‘n agtjarige seuntjie na ‘n nagmerrie huilend aan ‘n pleegversorger gesê: "Ek droom van hoe oom Nugget met die byl gekap is". Hy het dit in die Streekshof in kamera vir 2 uur lank per televisie monitor in detail vertel wat op 21 Februarie 2011 gebeur het toe Otto vermoor is terwyl hy geslaap het.
Volgens sy getuienis was hy en nog 3 kinders saam met Julies en Nobles in die bos naby die Otto-woning. Hulle het gesien hoe Tania met die hond werk toe ry en het toe na die huis gegaan. Daar het hy en die 3 ander kleiner kinders gesien hoe Julies vir Nugget met die byl kap en sukkel om dit uit sy kop te kry.
Hy het ook gesien hoe Nobles die goed steel en was by toe die gesteelde goed by die stortingsterrein in ‘n sak gesit is. Dit is later deur Nobles “gevind”. Die kinders kry tans berading by ‘n plek van veiligheid. ‘n Selmaat van Julies by die Caledon gevangenis het ook vroeër getuig hoe Julies aan hom vertel het dat hy ‘n houtkapper was wat gereeld hout aan Nugget gelewer het. “Die oggend van die moord het hy na die huis gegaan en gesien die traliehek is effens oop. Hy het ingegaan en dit het gelyk of die man wat gelê en slaap het, wakker gaan word en hy kap hom toe 2 houe met die byl aan die kant van sy kop. Daarna het hy ‘n kamera, foon en juweliersware gesteel,” het September gesê. Hy het ook volgens September verder gesê dat hy ‘n paar dae gewag het totdat hy gedink het dit is veilig en toe die gesteelde ware na sy houvrou, Mariaan, by die stortingsterrein geneem. Hy het volgens September gesê dat hy vir Mariaan gesê het sy moes dit tussen die vullis, waar sy ‘n sorteerder was, plaas. Sy het dit toe gedoen en toe ter aanskoue van al die sorteerders "gevind". Verlede Dinsdag is soortgelyke getuienis oor die vonds  by die sortering aangehoor. Alfrieda Blok (19) het langs haar gewerk toe die gesteelde goedere "gevind" en aan al die sorteerders gewys is. Katriena Fortuin, ‘n vriendin van Mariaan, het ook Dinsdag getuig dat die beskuldigde juweliers-ware aan haar wou verkoop. Die hofverrigtinge is voortydig Donderdag gestaak nadat die staatsaanklaer, Engelbrecht, aangevoer het dat die staat om uitstel vra vir getuiekonsultasie. Hy het pas oorgeneem by die vorige aanklaer, Pedro van Wyk, wat na die Hooggeregshof verplaas is. Verder is die prokureur vir die verdediging, Samantha Stanley, ook ver  verwagtend en is nie beskikbaar voor April 2014 nie. Landdros Mouton moes noodgedwonge die saak uitstel tot 22, 23 en 24 April 2014 vir finale  verhoor.
Francois de Jongh


 

Moordsaak sloer

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant