Twee “Romanza”-aande, wat nie gemis mag word nie, word deur Marjaan van Tonder van Head a Hair vir Vrydag, 18 en 25 Oktober gereël. Die twee aande dien as fondsinsamelingsgeleenthede vir ‘n addisionele ambulans vir Overstrand Medical Response van Cassie Carstens en Riaan Buys. Helmie en Amanda de Vries van Seaviewrylaan 177, Franskraal, waar die opvoerings sal plaasvind, tree as gasheer en -vrou op.
Marjaan beskryf die twee romantiese aande soos volg: “Two evenings of Romantic piano and piano/vocal music in aid of Overstrand Medical Response for the purchase of an additional ambulance for the vital service they provide to the greater Gansbaai community. The recital will be performed over a 3 course dinner to which you are welcome to add your favorite wines. The program will feature piano works by Beethoven (Moonlight Sonata), Chopin, Rachmaninoff, Sinding as well as Piazzola performed by virtuoso pianist Marjaan van Tonder and will also feature an own composition recently composed in Gansbaai. Romantic love songs will be performed by lyrical tenor Pieta Botes and will include songs like The First Time Ever I Saw Your Face, She and Nights in White Satin.”
Kaartjies vir die “Romanza”-aande beloop R280/persoon en sluit ‘n 3-gang maaltyd in. Marjaan sê slegs 30 kaartjies per geleentheid sal beskikbaar wees en vroegtydige bespreking is dus noodsaaklik. Onthou die datums, 18 en 25 Oktober om 18:30 vir 19:00 (stiptelik!).
Vir kaartjies kan Ina de Villiers tussen 09:00 en 17:00 by 028-388-0925 geskakel word, of skakel vir Anthia de Villiers tussen 17:00 en 21:00 by 071-472-5798.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More