‘n Deel van Gansbaai Superspar se personeel besig om te dans en te sing saam met Jurie Crous se kitaarmusiek tydens ‘n “It’s Great to be South African” pretdag in die winkel Foto: Francois de Jongh
“It’s Great to be South African, is ‘n inisiatief van Sparhoofkantoor wat alle winkels in Suid-Afrika en Namibië betrek, ingesluit ‘n kompetisie vir alle winkels wat uit sekere komponente bestaan,” vertel Riana Enslin van Gansbaai Superspar. Een van hierdie komponente is om vir voldoende pret te reël, met die winkels wat dan beoordeel word.
Gansbaai Primêr se Marimba-orkes in aksie (Foto's Francois de Jongh)
Gansbaai Superspar se deelname aan hierdie inisiatief het verlede Vrydag op ‘n baie gesellige dag met vele pret, sang, dans en pryse uitgeloop. Gansbaai Primêr se uitmuntende Marimba-orkes onder leiding van Deon du Toit, Jurie Gouws met sy kitaar, Gansbaai Laerskool se netbal- en rugbyspanne en die Sparpersoneel met hulle danspassies en samesang, het alles tot ‘n suksesvolle en gesellige pretdag bygedra. “870 webers, asook R100,000 se Spar geskenkbewyse aan 50 wenners kan gewen word. Hierdie wenners word deur Sparhoofkantoor getrek, maar die wenners van die weber en vleishamper van R500 sal aan die einde van die veldtog deur ons in Gansbaai getrek word,” sê Riana.
“Ons het ook ‘It’s great to be South African’ T-hemde gedurende die veldtog uitgedeel en ons winkel is verlede Vrydag beoordeel.” Riana hou graag die volgende bedankings (alfabeties) voor: Gansbaai Primêr (Marimba-orkes), Jeandre de Bod en Heinrich du Plessis (Fotograwe), Jurie Crous (Kitaarspel) en Laerskool Gansbaai (Netbal- en rugbyspanne).
Hardus Botha
Laerskool Gansbaai se rugby- en netbalspanne
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More