Wyle Vossie Vos wat verlede week tragies in ‘n motorongeluk gesterf het
‘n Tragiese motorbotsing het Donderdag, 10 Oktober 2013 die lewe van Willie Johannes Vos (49), beter bekend as Vossie, geëis. Hy is op die toneel dood verklaar. Die botsing het op die Pearly Beach/Baardskeerdersbos grondpad, sowat 2 kilometer vanaf die Baardskeerdersbos-kruising (±7 kilometer vanaf sy huis) plaasgevind. Vossie was vanaf Baardskeerdersbos in die rigting van Pearly Beach op pad toe die botsing met ‘n aankomende konstruksievoertuig van H & I Construction plaasgevind het.
Die bestuurder van die kon-struksievoertuig, Mpazamo (48) is met rib- en rugbese-rings gediagnoseer, terwyl sy passasier, Dumisani (29), kopbeserings opgedoen het.
Altwee is deur Metro Am-bulansdienste na die Hermanus Medikliniek geneem.
Riaan Buys en Steven Breytenbach van Overstrand Medical Rescue was eerste op die ongelukstoneel en het die nodige bystand verleen, met Cassie Carstens kort ná hulle en Metro Ambulansdienste wat kort daarna opgedaag het. Aldus die ondersoekbeampte, konst Tsoanayana van Gansbaai SAPD, het Vossie beheer oor sy voertuig verloor. Sp-Kapt Danie Rautenbach het gemeld dat ‘n ondersoek van manslag ‘n standaard prosedure is wat sal volg. Vossie is die eggenoot van Liza wat in diens van OK Foods Gansbaai is. Hy is op 3 April 1964 op die plaas, Jantjie se Water, in die Carnarvon-distrik gebore waar hy grootgeword het. Liza is oorspronklik van Baardskeerdersbos. Die egpaar is op 21 Mei 2005 te Baardskeerdersbos in die huwelik bevestig en het ‘n seuntjie, Wilouis (4) en ‘n dogtertjie, Joani-Lee (6½). Na hul huwelik het hulle na Carnarvon verhuis en sowat 1½ jaar gelede weer na Baardskeerdersbos teruggekeer en in Liza se familiehuis gaan woon. Liza het ‘n pos by OK Foods Gansbaai gekry, terwyl Vossie, wat baie kunstig was, entrepreneurswerk gedoen het. Liza vertel dat Vossie pas sy eerste Gospel CD, Hoe groot is U, klaargemaak het en dat hy verlede Sondag, enkele dae voor sy afsterwe, as Evangelis vir die AGS Ebenhaezer-gemeente van Ronnie van Dyk ingehuldig sou word. “Ek wil net vir almal baie dankie sê vir die wonderlike ondersteuning, boodskappe van bemoediging en kos wat voorsien is,” sê sy. Sy bedank ook vir Chris en Petra van Rensburg vir hulle ondersteuning, asook ‘n spesiale woord van dank aan Alma Breytenbach vir haar besonderse ondersteuning op die ongelukstoneel. Sy word tans deur Vossie se suster, Sanet de Kock (Vos) van Kuruman ondersteun en bygestaan. ‘n Roudiens ter ere van Vossie sal op Vrydag, 18 Oktober 2013 in die NG-gemeente Baardskeerdersbos gehou word.
Hardus Botha
Die ongelukstoneel op die Baardskeerdersbos-/Pearly Beach grondpad waar Vossie Vos verlede Donderdag tragies gesterf het. (Foto: Riaan Buys)
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More