“Emosies” as tema, ‘n voorbeeld deur Jane Bailey
Gansbaai Fotografieklub bly steeds ‘n informele en gesellige klub waar die kundiges onder die lede hulle kennis as ‘n gratis leerskool aan lede bied. Daarom is dit slegs opbouende kommentaar ter verbetering wat deur die “beoordelaars” gelewer word.
Die vorige byeenkoms se tema was “Oop”, aangesien ‘n spreker nie gekry kon word nie. Marc du Plesis het die foto’s vir bespreking hanteer. Vrae is weer eens geduldig beantwoord en vele wenke ter verbetering is uitgedeel. ‘n Wenk deur klublid Roelof Diener was om van dieselfde voorwerp of toneel minstens 2-3 foto’s te neem, maar telkens met ander verstellings op die kamera. “Persoonlik beskou ek dit as ‘n goeie leerproses,” het hy gesê. Tydens die laaste byeenkoms is “Emosies” as tema gebruik, wat eweneens uitstekende foto’s tot gevolg gehad het en wat deur Clive en Jane Bailey “beoordeel” is. Die besprekings van die foto’s met verwysing na kamera-verstellings en dies meer, was weer eens baie leersaam en klublede het lustig aan die besprekings deelgeneem. Die klub se jaarlikse Gemeenskapsprojek bestaan vanjaar uit foto’s wat van Herberg-aan-See se inwoners geneem gaan word, wat dan as geskenke aan hulle oorhandig gaan word.
Klublede vergader op Saterdag, 2 November om 09:00 by die Tehuis, met die fotosessies wat om 10:00 sal begin, met “Kersfees” as tema. Die tema vir foto’s vir 18 November is “Energie”.
Vir algemene klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.
Hardus Botha
Die “Oop”-tema, ‘n voorbeeld deur Christo Wessels
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More