So het ons aan die einde van ons vliegseisoen gekom. Dit was een van die moeilikste jare vir duiwe vlieg as gevolg van die sterk noord-weste winde wat ons die hele seisoen beleef het, maar ons het vasgebyt en elke Saterdag gewag vir ons duifies om huis toe te kom.
Daar was twee verskillende afdelings elke Saterdag gevlieg, die jaar oud (JO) duifies en die OPE, enige ouderdom duif kan aan ope deelneem.
J.O KAMPIOEN
1ste Louis & Johannes
2de H Hitge
3de Jurie Swart
4de Japie Swart
5de Danie Smith
OPE KAMPIOEN
1ste Louis & Johannes
2de Corinne & Janine
3de Jurie Swart
4de H Hitge
5de Japie Swart
KLUB KAMPIOEN 2013 is die gesamentlike punte van JO en OPE
1ste Louis & Johannes
2de Jurie Swart
3de H Hitge
Baie geluk aan jul manne. Ek wens al die lede van die duiweklub en die publiek wat altyd so belangstel in ons uitslae 'n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar toe. Graag wil ons klub Laerskool Gansbaai bedank vir die gebruik van hul geriewe by die skool. Aan ons voorsitter, Wally, dankie vir al die leiding wat jy gegee het onder moeilike omstandighede weens siekte. Ons wens vir jou en jou familie 'n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar toe.
Modderrivier en Bloemhof
Die duiwe is Vrydag om 6uur die oggend op Bloemhof gelos en oor 'n afstand van 971km volgens GPS gemeet. Saterdag is die volgende span duiwe op Modderrivier gelos oor 'n afstand van 790km volgens GPS gemeet. Uitslae is soos vlg:
Bloemhof OPE
Louis & Johannes 1ste, 2de, 3de, 5de, 10de
H Hitge 4de, 12de, 13de
Jurie Swart 6de, 7de, 8ste
Corinne & Janine 9de
Modderrivier OPE
Corinne & Janine 1ste, 5de, 6de
Louis & Johannes 2de, 7de, 9de
Jurie Swart 3de, 4de
H Hitge 8ste
Groete Corinne
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More