Hondekoppe op die tafel

Hondekoppe op die tafel

Gansbaai Courant

Ek lees onlangs iets waarvan die geloofwaardigheid my presies op die frons tussen my oë slaan.  Dit is ‘n rou, aardse verduideliking – vir diegene wat nie graag op geestelike vlak aan hierdie dinge wil dink en aan die Groter Doel erg of ‘n geloof het nie.
“Die rede waarom die wêreld so geteister word deur allerlei mens-geïnspireerde euwels en misdade, veral witboordjie-misdade, is dat die mens sy ontdekkings-kapasiteit hier bereik het. Ons het alles wat ons wil hê. Daar bly eintlik niks meer oor om na uit te sien nie.”
Dit maak vir my heeltemal sin, vanweë die mensdom se soeke na wat ook hul in die buitenste ruimtes kan vind. Ek sien dit ook in die spirituele herlewing wat in alle denominasies en selfs in die heidendom plaasvind.
Ons is van die wêreld sat. Of hy is moeg van ons. Hieruit ontstaan ‘n erge frustrasie, want dis inherent deel van die gewone mens om kennis op te doen, homself uit te bou en daarmee saam ‘n gevoel van eiewaarde te ontwikkel.
Wat bly dan nou oor? Korrupsie, geldverduistering, verneukery en die dergelike wat met ‘n magstryd te doen het. En geld, as immer beskikbare kommoditeit, is die spil waarom dit alles draai.
Dit is nie iets wat ons net in koerante lees en saans op televisie-nuus sien nie; dit gebeur hier om ons op voetsoolvlak. Die eienaar/ontwerper van Toucee Freelee het onlangs ‘n stel met ‘n groot kettingwinkelgroep afgetrap toe sy deur hulle genader is om haar produkte aan te koop.
Toe hulle nie kon ooreenkom oor ‘n aankoopprys nie,  het hulle kontraktueel ooreengekom om sekere van die ontwerpe op hul rakke te plaas vir ‘n sekere tydperk. Die uiteinde was dat hulle hul eie reeks uitgebring het met die identiese ontwerp, natuurlik met ‘n paar piepklein veranderinge en ‘n ander agtergrond as hare, om by die Wet op Intellektuele Eiendom (kopiereg) verby te kom. Toe Amanda hierdie gebeure publiek bekendmaak, het hoevele ander ontwerpers na vore gekom met dieselfde probleem in die ope mark.
Om diefstal van intellektuele eiendom in ‘n hof te beveg, verg ‘n lang, uitgerekte en duur saak, sonder enige waarborge. In Suid-Afrika moet ‘n mens omtrent vir jou ‘n advokaat van die buiteland af invoer om so ‘n saak te kan wen.
Wat egter meer verontrustend is, is die feit dat so ‘n gevestigde  groep  so desperaat kan wees. Het hulle werklik geen ontwerpers van hul eie wat, soos in hierdie geval, ‘n prentjie van ‘n voëltjie kan teken nie? Of was hul ontwerpers deel van die hoër besoldigde groep wat afgedank is omdat hulle ‘n te groot gat in die bruto wins gemaak het?   Netto wins is tog waaroor enige besigheid gaan. Dit wat uiteindelik onder aandeelhouers verdeel kan word  om hul spogwonings mee op te gradeer of vir die alleeneienaar om die nuutste model van sy voorkeur fabrikaat voertuig aan te skaf.
Is dit dan wat vir die suksesvolle besigheidsmens oorbly? Diefstal van ander omdat hulle nie meer verder kan nie? “Ek het dit gedoen! Wens my geluk! Prys my!” Is dit waarom versadigde mans en vroue hulle lewensmaats se vertroue steel deur gereeld by gesellinklubs en ontkleedansklubs uit te hang?
Uit eie ondervinding het ek menigmaal agtergekom dat hierdie maniere van selfprysing en selfregverdiging eintlik die jammerlike gekreun is van mense wat in hulself vreeslik onseker en minderwaardig voel. Andersyds is dit sommer net ‘n gemene inbors en gebrek aan opvoeding wat na vore kom.
Mense raak so paranoïes, so gierig, so statusbewus dat hulle van ander mense steel. Nie net geld of besittings nie, maar bowenal hul intellektuele en kreatiewe vermoëns,  hulle  ervaring en ondervinding. Sulke mense is in staat om selfs die lojaliteit en vertroue wat ander jeens hulle openbaar van daardie getroues af weg te steel.
Gelukkig is daar ‘n nuwe uitdaging en kompetisie op pad. Hondekoppe uit China! Dis nou as die aansoek vir ‘n invoerpermit van bevrore hondekoppe deur een van die kettinggroepe slaag.  Wat ‘n totaal nuwe uitdaging. Nuwe resepte om uit te toets; nuwe bemarkingstrategie; ontwerp van verpakkings; ontwerp van blinddoeke vir die gaste rondom die etenstafel.  Hoër omset in die verkope van kerrie, chilli, wasabi en gemmer.  Lekker eet!

Carine Badenhorst

Hondekoppe op die tafel

Carine Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant