Staat vries sindikaat

Staat vries sindikaat

Gansbaai Courant

Die Wes-Kaapse Hooggeregshofregter, Andrè le Grange, het verlede week ‘n beperkingsbevel teen die sogenaamde Wei-Barends perlemoensindikaat toegestaan.
Volgens die adjunk Direkteur van Openbare Vervolging, Geobani Bam, is die hofbevel aangevra om al die sindikaatlede se bates te vries en te beveilig in afwagting op ‘n konfiskeringsbevel as die beskuldigdes later skuldig bevind en gevonnis word.

Argief: Frankie Barends en Donovan Dickson (bo) met Ran Wei onder.

Die beskuldigdes se bates is onder beheer van die kurator, André van Heerden geplaas. Die bevel spruit uit die ondersoek na wat moontlik die grootste perlemoenstropers- sindikaat tot nog toe is. Die sindikaatlede, waarvan die meeste van Gansbaai is, het na bewering sowat R2 biljoen se onwettige perlemoen oor 15 jaar geoes. Hiervan het na beraming oor die R50milj in die lede se sakke beland. Die 17 lede wat betrokke was en nog nie veroordeel is nie, verskyn op 22 November vir ‘n voor-verhoor in die Kaapse Hoogge-regshof. Die volle verhoor sal na verwagting vroeg in die nuwe jaar volg.
As die sindikaatlede skuldig bevind word kan hulle alle vaste bates wat hulle oor 15 jaar bekom het, verloor. In gevolge die beperkingsbevel is al hul bankrekenings ook gevries. Die vermeende Chinese sindikaatleier, Ran Wei, het 7 jaar gelede landuit gevlug en word deur Interpol gesoek. Die ander vermeende sindikaatleier, Frank Barends van Gansbaai, is egter steeds in aanhouding en volgens hofstukke het hy persoonlik sowat R14miljoen voordeel uit die perlemoen-smokkelary getrek. ‘n Beperkingsbevel op sy bates en bankrekenings is al reeds 'n geruime tyd van toepassing.  Hiervolgens is tien verskillende bankrekenings en kontant gevries en onder kuratorskap geplaas. Drie voertuie is ook  in veilige bewaring geneem. Volgens Kaptein Deon de Jager van die SAPD se Bates Beslagleggingseenheid, het die eenheid beslag gelê op sowat R600,000 kontant, sowel as  Hongaarse dollars en Chinese yen tydens ‘n klopjag op 2 plase in Noord-Wes in Maart 2006. Daar is ook beslag gelê op 3 voeruie. Dit was kort voordat Wei spoorloos verdwyn het.
Adv Anthony Broadway van Belville, wat na bewering vir Barends met sy finansiële sake gehelp het en ook verskeie van die sindikaatlede sedert 2001 in die hof verteenwoordig het, is ook ‘n verweerder in die geding. Onder sy besittings tel ‘n huis in Kenridge en in Bellville, ‘n Mercedes Benz, ‘n Hyundi en 2 motorfietse. Daar is ook 9 bankrekenings in sy naam. Sy vrou, Helena, wat in Brittanje woon, asook ‘n BK, Royal Albert Investments, waarin Barends en nog 2 sindikaatlede belange het, is ook verweerders in hierdie saak. Volgens hofstukke voer de Jager aan dat Wei en die 3 Gansbaaiers, Barends, Christiaan Crous en Donovan Dickson die sindikaat se bedrywighede bestuur het, terwyl die ander gewone lede was. Volgens hom het Wei groot bedrae geld voorsien om die stroperduikergroepe te betaal. Ook om persele te huur of te koop vir die prosessering en droog van perlemoen. Barends was volgens de Jager die hoofaankoper van gestroopte perlemoen by duikers wat hy aan Wei gelewer het. Crous se rol was na bewering om bestuurders en voertuie te koop en op mense se name te registreer wat nie direk met die sindikaat se bedrywighede verbind kon word nie. Hy was ook verantwoordelik vir die huur van 2 plase in Noord-Wes. Perlemoen is daar gedroog en gestoor. Dickson se rol was glo die vervoer van die perlemoen asook van groot hoeveelhede geld wat by afleweringspunte aan die sindikaat betaal is. Volgens de Jager se verslag is daar reuse bedrae geld deur Barends se bankrekening en dié van Royal Albatros gewas.
Francois De Jongh

 

Staat vries sindikaat

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant