Romansbaai by Danger Point Kuslandgoed vir Nuwe Generasie

Romansbaai by Danger Point Kuslandgoed vir Nuwe Generasie

Gansbaai Courant

 
Dit is waarskynlik die laaste residensiële kuslandgoed met direkte toegang tot ’n strand en die see, sê die ontwikkelaars van Romansbaai naby Danger Point aan die Wes-Kaap se ooskus, maar die hoë standaarde wat daar gestel word vir die herstel van natuurlike hulpbronne sal op ’n hele nuwe generasie van ontwikkelings in sensitiewe omgewings toegepas word.

Dié landgoed van 220 ha, wat 40 km van Hermanus en 180 km van Kaapstad is, is ook een van baie min kuslandgoedere aan hierdie kus wat noord front. Dit bied ’n uitsig vanaf Walkerbaai, bekend vir sy walvisse, tot by die Hottentots-Hollandberge.

“Noudat ons die dienste aangelê, paaie voltooi, sekuriteit en ’n hekhuisie het, is kopers geensins bekommerd om eiendom aan te skaf en hulle huise te bou nie,” sê die ontwikkelaar, David Mostert. Tans is 34 van die 459 erwe by Romansbaai reeds aan kopers oorgedra of word vir oordrag voorberei, en bouwerk aan individuele huise het begin.


Mostert is daarvoor verantwoordelik om Romansbaai weer lewensvatbaar te maak deur ’n sakereddingsproses nadat die ontwikkeling in die begindae van die resessie in 2008 tot stilstand gekom het. “Om Romansbaai weer op koers te kry, is hoog op my lys van prestasies wat waarlik die moeite werd is,” het hy gesê.

Uit die totale aanbod sal 80 huise deur die ontwikkelaars gebou word op ’n plot-en-plan-basis, en die oorblywende 379 huise deur eienaars self volgens ’n streng ontwikkelingsriglyn. In totaal is 27 van die erwe reg op die see, terwyl die res in die fynbosreservaat is, met breë stroke plantegroei tussen die groeperings.


Hoewel goedkeuring vir die ontwikkeling van Romansbaai verkry is voor bepalings van die nasionale Wet op Omgewingsbestuur ten opsigte van kusprojekte in werking getree het en ontwikkeling baie beperk, sê Mostert bewaring op die perseel gaan baie verder as die gewone maatreëls om die natuurlike omgewing te bewaar.

Net 15 ha van die 220 ha sal deur bouwerk versteur word, en elke erf, wat in grootte wissel van 1 200 m2 tot 6 400 m2, het ’n beperkte voetspoor wat konstruksie betref. Geen private heinings word ook toegelaat nie.

Inheemse plante en fynbos bedek die hele landskap en geboue en paaie is ontwerp om saam met die plantegroei en ander natuurlike kenmerke te smelt. Die ontwikkelaars spandeer sowat R500 000 per jaar aan die uitroei van uitheemse plantspesies, en in die omgewing van die hek alleen is meer as 7 000 nuwe endemiese inheemse plante aangeplant. Waar plante vir paaie en voetpaadjies verwyder is, is hulle na ’n kwekery verskuif en later weer op die terrein herplant.

Mostert sê die ontwikkeling behandel die omgewing sagkens, met geen versteuring van fynbos (behalwe vir paaie) van breër as drie meter nie, en alle dienste, insluitend water en elektrisiteit, wat die padreserwe na die huise volg. Die ontwikkeling is direk aan die plaaslike munisipale dienste gekoppel, wat in 2008 spesifiek opgegradeer is om Romansbaai te akkommodeer.

Toegang vir voetgangers, fietsryers en golfkarretjies tot die strand is via ’n enkeldoelpad vir eksklusiewe gebruik van die inwoners van die landgoed en gaste by die 40-kamer-hotel wat mettertyd daar ontwikkel gaan word. Soos die ander paaie op die landgoed is dit geplavei met ’n onopvallende, aggregaat-ingebedde materiaal. Daar is geen straatligte nie, en ligemissie vanaf die huise word gereguleer.

Romansbaai sal na verwagting direk tot die ekonomie van die omliggende gebiede bydra deurdat dit ’n mark vir plaaslike handelaars en werk vir inwoners van die gebied sal voorsien tydens die konstruksiefase en met die onderhoud van die landgoed.

Een van die hoofdoelwitte is volgens Mostert om die oorbenutting van natuurlike hulpbronne, insluitend perlemoen, deur stropers te keer. “Ons bewaringsmissie strek verder as die grond wat ons bewoon en sluit die see en die mense ook in. Waar armoede mense dwing om hulle tot onwettige praktyke te wend om te oorleef, is ons daaraan toegewy om daardie situasie te verbeter.


“Soos die landgoed se populasie ’n kritiese massa bereik, verwag ons ’n verbetering in die lot van die voorheen benadeelde plaaslike mense deur middel van voltydse en deeltydse werk,” het hy gesê.

Sekuriteit is ’n prioriteit en die hele omheinde gebied word elektronies gemonitor. Die maasheining is van trekvaste staal gemaak en het ’n lae visuele impak. Toegang via die hek is deur biometriese identifikasietoestelle en die hek word reeds voltyds deur ’n sekuriteitsfirma beman.

Die meerderheid van die kopers kom van die Kaap en Gauteng, maar Mostert hoop dat plaaslike inwoners uit die omliggende kusdorpies ook mettertyd huise daar sal koop, aangelok deur die veiligheidskenmerke en die goed onderhoude omgewing.

Erwe is beskikbaar vanaf R495 000.

Vir meer inligting besoek die webwerf www.romansbaai.co.za of kontak
David Cooke by 27 82 566 1238 dcooke@romansbaai.co.za.

Romansbaai by Danger Point Kuslandgoed vir Nuwe Generasie

R80 miljoen se dienste en infrastruktuur voltooi

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant