Aangeraakte gevangene

Aangeraakte gevangene

Gansbaai Courant

Ek het dit my patriotiese  plig geag om die afgelope week so ‘n paar van die nimmereindigende huldeblyke vir Madiba te kyk. Natuurlik is net die mooi en die simpatieke vertoon; dis tog waarvoor huldeblyke daar is. Sonder om die gevaar te loop dat my kopie, soos die vorige Mandela een, weer afgewys word, wil ek my mening hierdie keer uit ‘n ander invalshoek lug.
Die groot vraag in my gedagtes was nog altyd of Nelson Mandela ‘n gelowige mens, hetsy dit Christen, Islam of Boeddhis, was. Hy het soms verwys na sy Metodistiese opvoeding, maar dit wil nie sê dat hy ‘n belydende Christen was nie. Geen mens kan ‘n ander se geloofsoortuiging peil nie. Alleenlik wanneer iemand ‘n dissipel is en geen skaamte of terughoudenheid toon in die uitvoering van daardie dissipelskap nie, kan ‘n mens waarlik weet hoe ‘n persoon se godsdienstige ingesteldheid daar uitsien.
In alle denominasies kry ’n mens verskillende grade van gelowiges. Op die boonste lyn is die ontkenners, die wat glo jy is omdat jy is en as jy nie meer is nie, dan was jy. Die tweede vlak is die ingeligtes wat weet van, maar nie betrokke wil raak nie. Dan kom die bekeerdes wat saam met ander bekeerdes ‘n gemeente vorm en saam deelneem aan aktiwiteite wat deur die orde van die groep bepaal word. Die diepste vlak van geloof huisves diegene wie se lewe totaal onder heerskappy van hul opperheer staan. Hulle is dissipels en skroom nie om openlik getuienis te lewer en hul geloof te bely nie.
In watter prentjie pas Nelson Mandela?  Ek het hom nog nooit openlik hoor bely dat hy ‘n sekere godheid nastreef of dat hy daardeur beïnvloed is nie. Terwyl ek na sy huldeblyke gekyk het, het dit my tog getref dat daar iewers iets met hom moes gebeur het. Iewers was daar ‘n Goddelike intervensie. Op een of ander stadium moes hy vanuit die duisternis ‘n Lig gesien en dit gevolg het, wetend of onwetend.
Dat enige mens so in die gevangenis opgedruk kon wees vir die helfte van ‘n leeftyd en met so ‘n groot gees daar kon uitstap, is verbysterend. Hy was onverskrokke en onverbidde-lik tot so ‘n mate dat hy as ongemanierd en onbeskof beskryf is.
Dan stap hy by Victor Verster se deur uit en op pad hek toe sê hy: “I knew if I didn’t leave my bitterness and hatred behind, I’d still be in prison.” 
Ek ken die Bybel nie by vers van voor tot agter nie en ek sal nooit sover soos die BBC aanbieder gaan om te sê Nelson Mandela is Jesus se gelyke nie, maar ek sien ooreenkomste in die Bybel. Aan die heidense koning, Kores, het God gesê: “Ek het jou as herder aangestel; jy moet my wil uitvoer.” (Jes 44:28a) Wie weet of Hy dit dalk ook aan Nelson Mandela gesê het? 
Met sy immer waardige en respekvolle manier, vergestalt Madiba die opdrag in Spreuke 15:1 “’n Sagte antwoord keer die grimmigheid af.”  As vredemaker lei hy my na Matt. 5:9 “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”
Dit is maar net enkele skrifgedeeltes uit honderde, so glo ek, wat my laat besluit God het Madiba se siel een of ander tyd aangeraak. Nie net dit nie, ek glo selfs dat Hy Madiba met Sy Gees gevul het. Of Tata dit so herken het of nie, is irrelevant. Dit is vir my duidelik soos daglig. ‘n Mens kan alleenlik sulke geestelike oorwinnings en hoogtes bereik wanneer jy deur Goddelikheid begeester is.
Na afloop van die herdenkingsdiens wat vir hom gehou is, kan ek nie anders as om Madiba se stem op sy eie unieke manier van iewers bokant my te hoor nie: “ Bid vir die wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n stil en rustige lewe kan lei..”(1 Tim2:2)

Carine Badenhorst

Aangeraakte gevangene

Carine Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant