So het nog ‘n jaar ten einde gesnel. Dit voel half onwerklik om te dink dat die skool wat sommer nou die dag geopen is alreeds vier jaar bestaan. Die tweede matriekklas van die skool het Vrydag 29 November hul laaste vak geskryf. Die leerders het ‘n welkome verrassing in die lyn van ‘n geskenkbewys ontvang van me van Zyl van Mr Video (foto onder). ‘n Groot dankie aan Mr Video.
Met die bogenoemde mooi gebaar wil die skool dankie sê aan die gemeenskap vir elk se bydrae die afgelope jaar. 2013 het sy eie hoogtepunte opgelewer en daar kan teruggekyk word op ‘n vol jaar met vele nuwes soos die voedselfees en gholfdag. Volgende jaar word die eerste siklus voltooi met die eerste graad agts van 2010 wat in matriek sal wees. 2014 se graad agts moet onthou om alreeds die 14e Januarie by die skool aan te meld om 8 uur in volle skooldrag.
Van die hoof, mnr Tommy Wilson, personeel, skoolbeheerliggaam en leerders, ‘n baie Geseënde Kerstyd en Voorspoed vir 2014 aan alle partye betrokke by die skool.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More