Corrie Avenant op pad na sy 100-tal.
Gansbaai Krieketklub het hulle 40 overs Sondagliga 2013 op 'n hoë noot afgesluit deur Caledon Krieketklub met 61 lopies te klop. Gansbaai Krieketklub het eerste gekolf en danksy 'n briljante kapteinsbeurt van Corrie Avenant wat die eerste honderdtal deur 'n Gansbaai speler op sy tuisveld aangeteken het, 103(8x4)(4x6).
Hy was goed bygestaan deur Anton Kriel 24 (2x4) en Christiaan Klotz 30 (1x4)(1x6). Gansbaai het 'n goeie telling van 230/8 in 40 boulbeurte aangeteken.
Caledon se beste boulers was D Douwrie (5-1-13-3) en JH de Kock (5-0-32-2).
Caledon het toe gaan kolf. Hulle het gesukkel teen die goeie en akkurate boulwerk van D Kriel (4-3-7-2), A Hage (6-1-15-0), L Davids (7-3-14-0), P Janse van Rensburg (7-2-15-0) en C Klotz (4-0-26-3). Caledon Krieketklub kon uiteindelik 169/9 in 40 boulbeurte aanteken. K Botha 33(3x4) en J Hendricks 35 nun (5x4)(1x6) was Caledon se beste kolwers.
Laastens wil die klub net vir A Hage, H Vermeulen, T Otto en J Havenga voorspoed & sterkte toewens met hulle optrede as skeidsregters tydens die Hermanus Krieketklub se Six-a-Side, eerskomende Saterdag die 21ste Desember op Hermanus.
Sportiewe groete,
Heinrich Vermeulen, 082 715 3179
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More