Die deelnemers aan Gansbaai Toerisme se Tuinboukompetisie, met heelagter vlnr Johan Pieterse (voorsitter), Glenda Kitley (bestuurder), Gina Boysen en Katriena Adams heel regs, met “Oom” Freek (2de) links van haar. Voor (middel) sit Johnny Dyk (1ste) tussen die 3de prys-delers Nettie Kapot en Piet Temmers. . (Foto: Johan Pieterse)
Die Tuinboukompetisie in Blompark, wat deur Gansbaai Toerisme se Ontwikkelingsportefule aangebied is, het suksesvol verloop en elf huishoudings het deelgeneem. Die twee betrokkenes van die Ontwikkelingspan is Gina Boysen wat vir Masakhane verantwoordelik is, terwyl Katrina Adams na Blompark omsien. Katrina het die inwoners van Blompark vir mooi tuine, groentetuine ingesluit, gemotiveer en haar tema was “Maak die mense van Blompark trots op Blompark”. Die resultate van die kompetisie was baie positief en puik tuine en groentetuine het in die proses tot stand gekom. “Ons vertrou nou dat hierdie resultate daartoe sal bydra dat die projek volgende jaar sal groei en dat meer inwoners daaraan sal deelneem,” sê Gina.
Die 1ste prys is deur Johnny Dyk verower, met “Oom” Freek, ‘n pensioenaris 2de. Die 3de prys is deur Piet Temmers en Nettie Kapot gedeel. “Nettie het beslis groenvingers en elke stiggie wat sy insit, groei,” vertel Katrina. Die res van die deelnemers het elkeen ‘n troosprys (sjokolade) ontvang vir die moeite wat hulle gedoen het. Gina sê sinvolle wenke is ook tydens die proses aan deelnemers oorgedra. In Masakhane fokus Gina hoofsaaklik op die aanplant van groente by Masakhane Primary School.
Eko-skole het gehelp om draad, pale en nette vanaf I&J te kry vir die omheining van die groentetuin en die “planters” was me Zweni, die Ekogroepie en Gina. Die span het ook ‘n borgskap van Gansbaai Toerisme ontvang vir ‘n taxi na die Klipgatgrotte, waar hulle sommer baie geleer het. Die Ontwikkelingspan verleen ook elke Woensdag hulp met ekstra Engelse- en Wiskunde klasse.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More