Nuwe afrigters by Franskraal Rolbalklub

Nuwe afrigters by Franskraal Rolbalklub

Gansbaai Courant

Vlnr : Dina Jooste, Tommie van Niekerk, Madeline Janse van Rensburg en Jan Fouche

Ons by Franskraal rolbalklub is trots om vier nuwe afrigters in ons geledere te verwelkom.  Tydens ‘n vierdag kursus, wat in 2013 aangebied is, het 11 kandidaat-afrigters van verskeie klubs in die Boland,by Franskraal rolbalklub aangemeld.  Hierdie kursus is onder leiding van Marina van Wyk (Swellendam) aangebied.  Haar hulp-aanbieders was Ena Linde (Hermanus), Pauline Viljoen (Robertson) en Philip Malherbe (Franskraal).  Rolbal Suid Afrika is deur Trevor Davies (George) verteenwoordig.

Die kursus, wat oor vier dae gestrek het, was besonder uitdagend en het sowel teoretiese-, tegniese- en praktiese aspekte van die spel rolbal ingesluit.  Bo en behalwe al die lesse wat deur die verskillende aanbieders aan hulle voorgedra is én hul deelname aan al die besprekings in die saal sowel as praktiese lesse op die baan, moes hierdie kandidate lesse uitwerk wat hulle voor groepe in die lesingsaal moes aanbied.  Uit hierdie aanbiedings is die bestes geneem en daardie persone moes hul voorleggings aan die hele groep lewer.  Ons is trots om te kan noem dat Franskraal se kandidate van hierdie voorkeur aanbiedings moes doen. 

Praktiese aanbiedings is daagliks op die baan demonstreer en geoefen.  Op die laaste dag van die kursus moes elke kandidaat sy/haar praktiese les vir nuwe rolbal spelers, voor gekwalifiseerde afrigters aanbied. Dit het behels dat “nuwe”spelers afrigting moes ontvang.  Dit op sigself is geen maklike taak nie, maar Franskraal se vier kandidate was weer uitstekend met hul aanbiedings.  Hier moet ek noem dat verskeie van Franskraal se gereelde klubspelers goedgunstiglik die rol van die “nuwe” spelers vertolk het.  Hulle het beslis nie die taak vir die kandidaat vergemaklik nie en het hulself besonder onkundig voorgedoen.  Soms het ek die kandidate selfs bejammer.   Baie dankie aan al ons lede wat ons hiermee bygestaan het.

Na voltooiing van hierdie baie lywige vierdag kursus moes, elke kandidaat volledige lesplanne vir nuwe spelers uitwerk.  Hierin moes hulle teoretiese- sowel as praktiese aspekte,wat handel oor die afrig van nuwe spelers, uiteen sit. Baie naslaanwerk moes deur hulle gedoen word en hierdie bevindings moes volgens spesifieke lesplanne op skrif gestel word. Hierdie taak moes ook voorsien word van volledige sketse wat verskillende baanoefeninge illustreer.  Hierdie lywige taak, teoreties sowel as die prakties, is met groot sukses voltooi. 

Van hierdie kandidate is ook verwag om nuwe spelers, onder toesig van hul mentor, af te rig totdat daardie persone gereed is om by klubspel ingeskakel te word.Hier wil ek net noem dat ‘n aantal graad 11 leerders van Gansbaai Academia goed-gunstiglik ingestem het om met die praktiese taak vir ons kandidate van hulp te wees.  Ons  hartlike dank ook aan hulle.

Pas het Madeline Janse van Rensburg, Dina Jooste, Tommie van Niekerk en Jan Fouche van Franskraal rolbalklub hul sertifikate en lapelwapens van Rolbal Suid-Afrika ontvang.  Ons is geweldig trots op hierdie toegewyde spelers wat nou hul nuut verworwe kennis gaan aanwend om nuwe toetreders tot die spel rolbal op die regte pad te plaas.  Ons voorsien ‘n pragtige toekoms vir julle as afrigters.  Baie geluk!

Ek kan nie nalaat om die dames van Franskraal Rolbalklub, onder leiding van Marie Pretorius, hartlik te bedank vir die heerlike ontbyt, tee met versnaperinge, middagetes, ens. wat hulle elke dag tydens die kursus aan ons voorgesit het nie.  Dit was heerlik en voorwaar iets om te beleef.  My hartlike dank ook aan Archie Chambers wat altyd gewillig was om my by te staan met die uitsit van die baan vir ons praktiese lesse.  Hy was ook, as gekwalifiseerde afrigter, betrokke tydens die praktiese evaluering van die nuwe afrigters. Baie dankie daarvoor Archie, dit word baie hoog op prys gestel. Laastens, baie dankie aan Victor Breach vir die opstel van die projektor en skerm waarvan ons gebruik gemaak het.  Die kursus is met die heerlikste  vleisbraai afgesluit.

Philip Malherbe 

Nuwe afrigters by Franskraal Rolbalklub

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant