Front Page - 6 December 2012

Front Page - 6 December 2012

Gansbaai Courant

Mensejag ná Huisroof
Die roof en panga-aanval op ‘n man in De Kelders en nog twee inbrake kort daarna het Sondagnag tot ‘n meedoënlose mensejag gelei.

Peet Neethling voor die venster waardeur die rower toegang verkry het.

Die drama het begin toe Ds Peet Neethling, wat 23 jaar as regiseur en draaiboekskrywer by Bybel-Media betrokke was, om 2.00vm ‘n snaakse geluid gehoor het. Hy was besig om in die woonkamer by Melkhoutpark, De Kelders op sy skootrekenaar te werk, terwyl sy vrou in die studeerkamer langsaan was. “ Ek het na my dogter se kamer gegaan en gevra of sy iets gehoor het. Sy het gesê die geluid was buite en toe ek by my slaapkamer instap ,is ek van agter platgeslaan. Ek was heeltemal bedwelmd , maar het tog probeer om met my aanvaller te stoei en om hulp geroep. Die man is toe na die woonkamer, maar toe hy my dogter sien het hy my skootrekenaar en selfoon gegryp en weer by die slaapkamervenster waar hy die diefwering weggebreek het uit gevlug. Alles het só vinnig gebeur, seker binne slegs 45 sekondes.  Die bloed het uit my kop gespuit en my klere was deurweek daarvan. Daar was ook massas bloed op die vloer”, het Neethling gesê. Hy is later vir twee moontlike panga kapwonde aan sy agterkop en harsingskudding behandel. Die polisie was binne drie minute op die toneel en terwyl hulle daar was, het nog ‘n alarm daar naby in Jubileestraat afgegaan. Hulle het onmiddellik gereageer maar die inbreker, wat die sitkamerruit ge-breek het, was reeds weg. Kort daarna het nog ‘n alarm in Colensostraat afgegaan en ‘n vrou en haar dogter, wat alleen tuis was, het in hul slaapkamer ingevlug  en die deur gesluit toe hulle die man sien. Die polisie  was weer binne oomblikke daar, maar die inbreker het reeds gevlug. Voetspore is egter op ‘n leë nabygeleë erf gevind en sers.Frans Groenewald en konst. Henry Marais het dit vir sowat tien km deur digte bos in die donker gevolg. Speurkapt. Danie Rautenbach en die stasiebevelvoerder Lt kol. Mark Adonis was in bevel van die mensejag-operasie. Skofbevelvoerder Ao Jackie Hilde-brandt en haar span,Sers Woens Basson, konstabels Irven Simmers en Lebohang  Kholoane het ook aan die soektog deelgeneem.Dit het tot die verdagte se arrestasie aan die Plaat se kant  van die R43 naby Grootbos gelei. Die verdagte, wat homself tydens sy ontvlug-tingspoging beseer het deur oor heinings te val en takskrape op te doen, is met al die gesteelde eiendom  in sy besit aangekeer. Daar was ook bloedspatsels op sy baadjie. “ Groene-wald en Marais het hulself onderskei deur met durf en groot uithouvermoë op die spoor te bly. Die voortvlugtende het verskeie kere die R43 oorkruis, maar die twee spoorsnyers het op sy spoor gebly. Dit was uitstekende werk, ook deur die res van die span. Secma en Safe het ook waardevolle ondersteuning gegee” het kapt Rautenbach Maandag gesê. Die verdagte kan moontlik verbind word met die huisroof 2 weke geled in De Kelders toe ‘n jong vrou deur 2 mans bedreig en beroof is. Goeie vingerafdrukke is op daardie toneel gevind en ‘n uitkenningsparade sal ook binnekort gehou word. Neethling het die polisie geloof vir hul uitstekende diens.” Hulle was binne 3 minute by my huis en was tot 7.30 die oggend besig met die forensiese ondersoek . Toé nog ook die ongelooflike nuus dat hul die verdagte aangekeer het “ het hy gesê. Neethling het die hoop uitgespreek dat hierdie voorval die gemeenskap meer veiligheidsbewus sal maak en ook sal lei tot nouer betrokkenheid tussen bure. Die verdagte, Sonwabo Melane(28) het Woensdag in Hermanus se landdroshof verskyn en bly in aanhouding. Melane , wat oorspronklik van die Oos-Kaap kom , woon die afgelope 3 maande in Masakhane. Hy staan tereg op aanklagte van huisroof , wat poging tot moord insluit, diefstal en die besit van gesteelde eiendom. Die moontlikheid dat daar twee mans in al drie die voorvalle betrokke was word verder ondersoek deur die ondersoekbeampte AO Fanie Kilian.
Francois de Jongh

Front Page - 6 December 2012

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant