Die toestroming van vakansiegangers word by al die omgewing se karavaanparke en kampeerterreine vanaf Vrydag verwag. Volgens die oordbestuurders van Uilenkraalsmond, Strandskloof en Gansbaai Karavaanpark is hul so te sê vol bespreek tussen Kersfees en Nuwe Jaar.
“Baie laat besprekings word steeds gedoen maar op hierdie stadium is die besetting oor die hele feestyd reeds baie beter as verlede jaar,” het Johan Botha van Uilenkraalsmond gesê. Hierdie tendens word deur die ander oordbestuurders bevestig. ‘n Pluspunt is dat Uilenkraalsriviermond oopgespoel en die water mooi skoon is vir die kinders om in te baljaar. Volgens Glenda Kitley, bestuurder van Gansbaai Toerisme Buro, is alle selfsorgeenhede reeds tussen 22 Desember en 2 Januarie vol bespreek. Vir die res van die tyd is daar nog beperkte geleenthede oor. Dieselfde geld vir Bed-en-Ontbyt verblyf wat oor die algemeen, net soos die selfsorgeenhede, beter besetting het as verlede jaar. Besoekers kan gerus ‘n draai by Gansbaai Toerisme se Inligtingsentrum maak, of skakel hulle by 028 384 1439. Die omgewing bied baie meer as net hengel- en strandpret en die vriendelike inligtingspan sal dit met graagte aan besoekers bekendstel.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More