Gansbaai Gholfklub

Gansbaai Gholfklub

Gansbaai Courant

Persoonlik:  Dit is baie hartseer en skokkende nuus wat ons ontvang het van Riaan – seun van Pierre & Pat Lombard.  Hy is gediagnoseer met Pankreaskanker.  Met woorde kan mens nie vir hulle troos nie.  Ons bid vir hulle hele gesin.

Verjaarsdag:  Veels geluk aan Johan Heunis op die 18e!

Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Jannie Brandt met 41 punte, gevolg deur Andre Roos 39, Charlie Bent 39, Bev Swart 38, Rob Jerrard 37, Christo Spanellis 36, Walter Strydom 36, Frances McIntosh 35, El matthee 35, Joe Cesare 35.  Naaste aan die penne was Rob Jerrard op no 2&11 en Dawie Viljoen op 8&17.  Spog Twee’s word aangeteken deur Andre Roos (17), Charlie Bent (8), Jeanette Bent (11) en Rob Jerrard (8).  Woensdag was ook die jaareindefunksie van die Sloegterskompetisie, en die braai & prysuitdeling.

Die Sloegterskampioen vir die jaar met die meeste punte was Leon Hattingh met 606 punte – veels geluk, Leon!  Gevolg deur Dawie Viljoen 580, George Hunt 575, Solly Wessels 573, Sextus Neethling 569, June Rahn 569, Bev Swart 562, John Thompson 561, Rob Jerrard 560 en Christo Spanellis 552. 

Die Uitklopkompetisies was gewen deur die volgende:

Gemengde Pare: Edwin & Wilmeen Harris; Scramble:  George Hunt & Malcolm Bury;

Pare: Leon Hattingh & Sextus Neethling; 

Foursomes:  Bev & Stella Swart; 

Enkels: Sextus Neethling. Veels geluk aan al die wenners!  Die funksie is afgesluit met ‘n heerlike braai deur Bev & Steve en lekker aartappelslaai van Toekie.  Dankie, julle staatmakers.

Wenner - Enkel Stableford Sextus Neethling & Johan Coetzee

Vrydag se 9-putjie kompetisie wat geborg word deur OK Foods is gewen deur Daan Victor met 26 punte, en Daan was ook naaste die pen op no.2, tweede was Charlie Bent met 21, gevolg deur Paul Dippenaar 21, Jakkie Beukes 20, Jan le Roux 20, Solly Wessels 20, Johan Coetzee 19, Daniël vd Merwe 18.  Spog Twee’s word aangeteken deur Daan Victor (2) en Daniël vd Merwe (7).  Op 21 Desember 2012 gaan Bev ‘n potjiekos maak vir al die lede, en elke lid moet R20 betaal vir die ete.

Saturdays’ competition was a Single Stableford, and was sponsored by June Rahn and Rambo.  The Committee & Members thank June for the fantastic prizes of meat and wine. It was a very welcome meat and wine selection – great, June!  Die wenner was Sextus Neethling met 42 punte, gevolg deur Rob Jerrard 41, George Hunt 41, Steve Muller 40, Andre Lourens 38, Marlene Davin 38, Stella Swart 36, Malcolm Bury 35, Joe Cesare 35, Jan le Roux 35, Johan Coetzee 35, John Thompson 35.  Naaste aan die penne was Marlene Davin op no 2&11 en Rob Jerrard op  no 8&17.  Spog Twee’s word aangeteken deur Sextus Neethling (2), Andre Coetzee (2), Senekal Dreyer (11) en Jakkie Beukes (17).

Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n 4BBB Stableford, en word geborg deur Build It.  Daar is baie mooi en duur pryse om te wen, en daar is ‘n braai vir alle spelers na die wedstryd.  Kom skryf in en geniet die Build It borgdag.

19 Desember se Enkel Stableford is die Inter-Dorp kompetisie, en besoekers is welkom om deel te neem.

22 Desember is die Gansbaai Classic.  Kom ondersteun asb die dag.  Dit is ons jaarlikse fondsinsameling en daar is baie mooi pryse om te wen.

Borge: Ons dank aan Kleinbaai Motors, Leon Hattingh, OK Foods & SuperSpar/Tops.

Klub/Club: 028 384 1441 Leon Hattingh & Andre Roos
Navrae/Enquiries: 082 878 0534 Johan Coetzee

Gansbaai Gholfklub

Johan Coetzee

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant